Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Markte wag en kyk oor Brexit en Fed
’n Dollar sou jou vroeg Woensdagoggend R13,67 kos.

Markte wat wag om te kyk wat gebeur met die Brexit-stem en wat die Federale Reserweraad (Fed) oor rentekoerse gaan besluit, het vroeg Woensdagoggend druk op die dollar geplaas.

CNBC berig die Britse pond het oornag verstewig op die vooraand van die stemming oor of Brittanje die voorstel om die Europese Unie sonder ’n ooreenkoms te verlaat gaan aanvaar of nie.

Die Fed het Dinsdag begin vergader om oor rentekoerse te besluit.

Die verwagting is dat rentekoerse nie verhoog gaan word nie. Dit het bygedra tot die dollar wat wêreldwyd effens teenoor verskeie geldeenhede teruggesak het.

Die Fed maak Woensdag sy besluit bekend.

Al die gebeure het gehelp dat die rand sy pas volhou.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R13,60 teenoor die dollar, R17,79 teenoor die Britse pond en R15,55 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 313,62 per fynons.
  • Platinum: $817 per ons.
  • Olie: $61,60 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 413,64
  • Ethereum: $104,88
Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Fed  |  Rand  |  Dollar  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.