Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mboweni: Daar ís hoop vir SA ekonomie

Daar is vroeë tekens te bespeur dat die ekonomiese situasie aan’t verbeter is en dat banke weer bereid is om meer lenings toe te staan, sê Tito Mboweni, minister van finansies.

tito mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Elvira Wood

Hy het Vrydag in ’n toespraak by die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) se konferensie gesê hoewel een swaeltjie nie ’n somer maak nie, is daar wel tekens dat dinge stelselmatig beter raak.

Die ekonomie het in die tweede kwartaal met 3,1% gegroei ná die eerste kwartaal se inkrimping van 3,1%, en die groei in vaste investering was 6,1% – die sterkste wat dit in byna twee jaar was.

Mboweni het ook verwys na die groei in privatesektor-kredietverlening, wat in Julie met 7,2% geklim het.

Om die ekonomie aan die groei te kry, is nuwe idees nodig, het hy gesê.

Dit moet makliker gemaak word vir nuwe banke om die banksektor te betree, en regulasies moenie onnodig wees nie. Die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor vereis nou dat ’n omvattende ekonomiese impakstudie gedoen moet word oor die effek van regulasies. Die voordele teenoor die koste moet deeglik gedefinieer wees.

Mboweni is besorg oor die groei in staatskuld. “In my begrotingstoespraak het ek gesê ons leen sowat R1,2 miljard per dag as naweke uitgesluit word. Dit het die afgelope paar maande verder gestyg namate inkomstegroei verlangsaam het en onverwagte uitgawes van Eskom bygekom het.”

Oor finansiële tegnologie het hy gesê die nasionale tesourie sal vanjaar met steun van die Wêreldbank ’n peiling doen oor die landskap van dié bedryf tans in Suid-Afrika. Sedert 2008 het daar al meer as 220 fintech-maatskappye in Suid-Afrika begin sake doen, en die betaalsektor is die oorheersende een met 67 spelers in dié mark.

Sukses kan net bereik word met die regte kombinasie van doeltreffende politieke leierskap, goeie beleid, en sterk en bekwame instellings, het Mboweni gesê.

Meer oor:  Basa  |  Tito Mboweni  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.