Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Meer jong werkloses steun glo plundering

Jong mense is van die grootste ondersteuners van die onlangse plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng, toon ’n blitspeiling van CompariSure.

geweld, plundering, johannesburg
'n Polisieman stap deur 'n straat in die Johannesburgse middestad. Foto: Felix Dlangamandla

CompariSure is ’n finansiële tegnologiemaatskappy en het deur middel van sy programme vir kunsmatige intelligensie (AI) die mening van 1 600 mense aanlyn gepols. (Dit is deur middel van kort aanlyn gesprekke binne ’n tydperk van 48 uur gedoen. Die reaksiekoers op elke vraag wissel.)

Die peiling toon dat net 7% van die deelnemers die onlangse plundering en geweld ondersteun. Van hulle is die meeste jong mense van tussen 20 en 40 jaar oud.

“Die inligting toon dié groep is amper vyf keer meer geneig om die plundering en geweld te steun as diegene van ouer as 40,” sê Matt Kloos, finansiële hoof van CompariSure.

Meer as 80% van die deelnemers meen ’n gebrek aan onderwys, hoë werkloosheid en die inperking dra by tot die plundering en geweld.

Die peiling het gevind werkloses is amper drie keer meer geneig om die geweld te ondersteun as dié met werk.

Nagenoeg 64% van die respondente van tussen 20 en 40 jaar oud is werkloos.

“Dit is bemoedigend om te vind die meerderheid is teen die geweld en plundering gekant. Dit was egter ook kommerwekkend om te vind hoe desperaat werklose jong mense geraak het.”

Die peiling het ook gevind net minder as ’n kwart van die respondente weet nie hoekom oudpres. Jacob Zuma in hegtenis geneem is nie. Sy inhegtenisneming was skynbaar die lont vir die plundering.

Sowat 85% is bekommerd Covid-19 gaan versprei as gevolg van die onluste.

CompariSure gebruik sy Chatbot-tegnologie om die geoutomatiseerde gesprekke op Facebook Messenger te voer.

Die respondente is betreklik jonk, met 77% van hulle tussen 25 en 45.

CompariSure bemark finansiële produkte deur middel van die Chatbot-tegnologie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.