Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mei se salarisse lyk beter – danksy verkiesing
Rand coins and banknotes sit in a cash box in Joha
Wisselkoerse word hoofsaaklik bepaal deur intrinsieke faktore. Foto: Getty Images

Die gemiddelde salaris wat werkende Suid-Afrikaners in hul sak steek, het in Mei vir die eerste keer in vier maande met meer as die inflasiekoers gestyg.

Volgens BankservAfrica se maandelikse indeks van besteebare salarisse het reële salarisse (dus ná inflasie, wat 4,5% beloop het) in Mei met 2,6% gestyg.

Mike Schüssler van Economists.co.za skryf dit daaraan toe dat sekere staatsamptenare eers in Mei hul jaarlikse salarisverhogings ontvang het. Ander het dit reeds in April gekry.

Daarby het heelwat staatsamptenare in Mei oortydbetaling verdien danksy die verkiesing. Dit sluit in werknemers van die departement van binnelandse sake, wat ’n paar dae lank tot 19:00 oop was vir mense wat hul identiteitsdokumente wou optel sodat hulle kon stem, en polisiebeamptes wat stemlokale beveilig het.

In die private sektor is baie salarisse boonop ’n hupstoot gegee danksy twee openbare vakansiedae, op 1 en 8 Mei.

Sommige mense sou hul betaling vir Mei se oortyd en vakansiedae gewerk eers in Junie se salaris ontvang, wat ook dié maand se syfers ’n hupstoot kan gee.

Schüssler vermoed dat die styging in salarisse dalk tot Julie sal voortduur, gegewe dat verlede jaar see salarisverhogings vir staatsamptenare ook laat was.

Daarby het Junie ook twee vakansiedae bevat (16 en 17 Junie). Werknemers in onder meer die kleinhandel sal daaruit voordeel trek.

In die private sektor is baie salarisse boonop ’n hupstoot gegee danksy twee openbare vakansiedae, op 1 en 8 Mei.

Nominaal, dus voordat dit aangepas is vir inflasie, was die styging 7,2% en was die gemiddelde salaris in die formele sektor R15 344.

Dit is geld wat deur die nasionale betalingstelsel in bankrekeninge beland en weerspieël dus salarisse ná aftrekkings, insluitend belasting en pensioen- en mediesefondsgeld.

Dié syfer verskil van die gemiddelde salaris van R20 855 wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Dinsdag uitgereik het omdat dit ná aftrekkings is. SSA gee bruto salarisse weer.

Daarby gaan nie alle betalings deur die nasionale betalingstelsel nie – BankservAfrica raam dit op 9,5%. SSA maak staat op die inligting wat maatskappye oor hul betaalstate verskaf.

Schüssler sê BankservAfrica se indeks maak dit baie duidelik dat salarisse in die staatsdiens die belangrikste aandrywer van die styging in salarisse is. “Die private sektor kan nie stygings van meer as een persentasiepunt hoër as inflasie in die swak ekonomiese omstandighede bekostig nie.

“Baie sektore kan nie eens meer verhogings van die inflasiekoers bekostig nie aangesien ekonomiese marges onder druk is in die ekonomie.”

Die Mei-styging van meer as die inflasiekoers sal die kleinhandelsektor help en ook ander besteding deur verbruikers ondersteun, sê Schüssler. Dit kan goeie nuus wees vir die ekonomie as geheel, wat deur gebruikers gedra word.

Meer oor:  Bankservafrica  |  Mike Schüss­Ler  |  Ekonomie  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.