Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mense hou voertuie langer in ’n taai ekonomie – AA
Suid-Afrikaners bestuur hul voertuie tot tien jaar lank voor hulle dit vervang.Foto: Pixabay

Nie net Suid-Afrika se ekonomiese wiele draai tans stadig nie, die swak ekonomie lei ook daartoe dat sy burgers hul wiele langer hou.

Volgens navorsing van die Automobielassosiasie (AA) sê 90% van Suid-Afrikaners wat wel ’n ryding besit, hulle hou hul voertuie nou langer as voorheen.

Net meer as 40% hou ’n voertuig vir tussen vyf en tien jaar.

Die AA wou met die navorsing vasstel of die ekonomie ’n rol speel in voertuigeienaarskap.

“Die bevindings bevestig dat voertuie langer gehou word. Net minder as 35% van respondente sê hulle hou hul voertuie langer as tien jaar. Dit is ’n lang lewensduur vir ’n voertuig,” sê die AA in ’n verklaring.

Mense hou nie net hul voertuie langer omdat hulle nie nuwes kan bekostig nie.

35% van respondente sê hulle kan deesdae hul voertuie langer hou omdat hedendaagse modelle meer betroubaar is.

Maar aangesien mense hul voertuie langer hou, moet instandhouding ’n prioriteit wees, sê die AA.

Dit is daarom kommerwekkend dat net minder as 50% van respondente sê hulle het geen instandhoudingsplan vir hul voertuig nie en betaal alle instandhouding uit hul sak.

Hoewel meer as 60% luidens die AA-peiling verseker is, wys nasionale syfers die syfer is nader aan sowat 35%.

Indien jy wel jou voertuig jare lank wil laat hou, gee David Chard, besturende direkteur van AA Waarborge, die volgende wenke:

  • In koue weer, laat jou motor se enjin 5 minute lank luier voordat jy begin ry;
  • Moenie oormatig versnel, skerp om draaie ry of hard rem nie;
  • Moenie die enjin se toere onnodig opjaag nie;
  • Gee onmiddellik aandag aan enige waarskuwingsligte;
  • Gaan banddruk gereeld na;
  • Kyk elke ses maande na die wielsporing en -balans;
  • Vervang diensbare items soos remblokkies en waaierbande volgens die diensskedule;
  • Vra dat die onderdele wat gedurende ’n diens vervang moes word aan jou terugbesorg word sodat jy kan sien dat dit wél vervang is; en
  • Hou by die diensskedule van jou voertuig.
Meer oor:  Outomobiel-Assosiasie  |  Aa  |  Voertuie  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.