Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Met dié kabinet spaar staat R21 miljoen

R21 miljen. Dít is die bedrag wat Suid-Afrika per jaar aan ministeriële salarisse sal bespaar nadat pres. Cyril Rama­phosa sy kabinet met agt ministers en een adjunkminister besnoei het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand sy nuwe kabinet in Pretoria aangekondig. Foto: Felix Dlangamandla

Die nuwe kabinet, wat Ramaphosa Woensdagaand bekend gemaak het, bestaan nou uit 28 ministers teenoor die 36 ministers wat dit voorheen was.

Onder oudpres. Jacob Zuma het die kabinet gegroei tot 36 ministers en 37 adjunkministers. Dit het die staat se salarisrekening die hoogte laat inskiet.

Luidens Africa Check verdien ministers R2,4 miljoen per jaar en hul adjunkte R1,98 miljoen.

Adj.pres. David Mabuza verdien R2,83 miljoen, terwyl Ramaphosa se salaris digby R2,88 miljoen is.

Die grootte van Ramaphosa se kabinet is in ooreenstemming met dié van die voormalige presidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki, wat elkeen ook 28 ministers in die kabinet gehad het. Business Insider

Meer oor:  Cyril Rama­Phosa  |  Staatsbegroting  |  Ministers  |  Kabinet  |  Nuwe Kabinet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.