Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Migrante stuur rekordbedrae huis toe in 2018
limpoporivier
Die Limpoporivier vorm die grens tussen Suid-Afrika en Botswana. Foto: Wikipedia

Oorbetalings van migrante-werkers na lae- en middel-inkomste-lande gaan na verwagting vanjaar met bykans 11% tot ’n rekordvlak van $528 miljard toeneem, luidens die Wêreldbank se nuutste migrasie- en ontwikkelingsverslag.

Dit het verlede jaar met 7,8% toegeneem.

Oorbetalings na lae- en middel-inkomste-lande beslaan die grootste deel van die totale oorbetalings wêreldwyd. Oorbetalings na hoë-inkomste-lande ingesluit, is die totaal vir 2018 op pad na $700 miljard.

Dit sal na verwagting volgende jaar met 3,7% toeneem tot $715 miljard omdat oorbetalings na lae- en middelinkomstelande na verwagting heelwat stadiger – teen 4% – sal groei.

“Laer oliepryse, beperkende migrasiebeleid en ’n verlangsaming in algehele ekonomiese groei kan druk op toekomstige groei in oorbetalings veroorsaak,” sê Michal Rutkowski, senior direkteur van die Wêreldbank se projek vir maatskaplike beskerming en wêreldwye indiensneming.

Die sterk ekonomie en indiensnemingsvlakke in Amerika was ’n belangrike aandrywer van die groei in oorbetalings, luidens die verslag. Dit noem spesifiek Suid-Amerika en die Karibiese eilande, Suid-Asië en Afrika suid van die Sahara as begunstigdes.

Oorbetalings na Suid-Afrika styg ook en sal vanjaar na verwagting met $10 miljoen toeneem teenoor 2017. Oorbetalings na die land beloop nou 0,2% van die bruto binnelandse produk (BBP) teen sowat $765 miljoen.

Indië is die grootste ontvanger met sowat $80 miljard vanjaar, gevolg deur China met $67 miljard, Mexiko en die Filippyne met $34 miljard elk en Egipte met $26 miljard.

Die internasionale gemiddelde koste om $200 oor grense te stuur is 6,9%, meer as dubbeld die 3%-teiken van die Verenigde Nasies se volhoubare-ontwikkelingsdoelwit vir 2030 as ’n kernmaatstaf om ongelykheid te verminder.

In Suid-Asië is die gemiddelde koste vir internasionale oorbetalings die laagste op 5,4%. In Afrika suid van die Sahara is die oorbetalingskoste steeds die hoogste ter wêreld op 9%.

Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Geld  |  Ekonomie  |  Afrika  |  Migrasie  |  Migrante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.