Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mike Schüssler: Ekonomie markeer die pas

Suid-Afrikaners moenie te vinnig opgewonde raak oor die goeie ekonomiese groeisyfer van die tweede kwartaal van die jaar nie.

Mike Schüssler Foto: Elvira Wood

Statistieke Suid-Afrika het vroeg in September bekend gemaak dat die bruto binnelandse produk (BBP) vir die kwartaal tot einde Junie met 3,1% gegroei het.

Mike Schüssler van Economists.co.za, sê wanneer daar na BankservAfrica se jongste indeks van ekonomiese transaksies (Beti) gekyk word, gaan die ekonomie in die derde kwartaal waarskynlik beduidend traer groei.

Die Augustus-syfers oor ekonomiese transaksies, ’n vroeë aanwyser van die stand van die ekonomie, wat Schüssler namens BankservAfrica saamstel, was in Augustus 129,1 punte. Dit is 0,7% beter as ’n jaar gelede, maar 0,9% laer as die aangepaste 130,2 punte van Julie. Dit is vir die drie maande tot einde Augustus ook 0,9% laer as die vorige drie maande.

Die indeks meet transaksies wat deur die betaalstelsel gaan, insluitend inbetalings in bankrekeninge, debietorders, elektroniese geldoordragte en transaksies by kitsbanke.

Schüssler sê die syfers is nog nie ’n aanduiding dat ’n resessie op hande is nie. Hy sê dit lyk wel asof Suid-Afrika se ekonomie eerder “plat of verlangsamend” is.

Getal transaksies

Die getal transaksies wat deur die ekonomie beweeg, is 0,4% minder as ’n jaar gelede, vir ’n totaal van 104,3 miljoen transaksies.

Waarde van transaksies

Die gemiddelde waarde van alle transaksies was R8 647, 4,3% hoër as ’n jaar gelede. Dis die vyfde opeenvolgende maand dat die waarde van transaksies styg en is nou die hoogste nominale waarde sedert die Beti saamgestel word.

Die totale waarde van transaksies is R882,3 miljard.

BankservAfrica sê benewens die laer Beti is daar ander aanduidings dat die BBP in die derde kwartaal van die jaar waarskynlik nie beduidend gaan groei nie.

Die maatskappy sê laer verkoopsyfers van nuwe voertuie asook Absa se aankoopbestuursindeks wys dat die ekonomie tans swaar trek.

Meer oor:  Bankservafrica  |  Mike Schüss­Ler  |  Beti  |  Bbp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.