Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Minder geld vloei weens tam ekonomie

Die optimisme vroeër vanjaar oor ekonomiese groei was voortydig, blyk uit BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (Beti).

Die indeks het in Junie op ’n jaargrondslag met net 0,2% verbeter. Op ’n kwartaalgrondslag is die indeks in trurat met ’n verswakking van 1,9%. Dít is die grootste kwartaallikse insinking sedert 2013.

Die inkrimping in die Beti dui dat die algehele ekonomie en die transaksies wat dit ondersteun dieselfde doen, sê Mike Schüssler van Economists.co.za, wat die Beti saamstel.

Dié indeks meet alle kontantonttrekkings, oordragte, debietorders en ander maniere waarop mense en ondernemings geld heen en weer skuif en word as ’n leidende aanwyser beskou – ’n stel data wat die rigting kan aandui waarin die ekonomie wil beweeg.

“Dit wil net lyk of die plaaslike ekonomie sukkel om ’n vastrapplek vir groei te kry,” sê Schüssler.

Hy noem faktore soos die laer hulpbronpryse en die vervaardigingsektor se aankoopbestuurdersindeks (PMI) wat weer in Junie tot onder 50 punte teruggesak het, as groeidempers.

Hoewel die gemiddelde waarde van die transaksies afgeneem het, hou die volume transaksies aan groei.

“Oorkoepelend gesien, dui die Beti daarop dat die ekonomie sekerlik nie in ’n herstelmodus is nie en enige volgehoue groei ontwyk Suid-Afrika op die oomblik.”

Meer oor:  Bankservafrica  |  Mike Schüss­Ler  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Beti
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.