Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Minder taks vir SAID: So lyk die syfers
Die belastinggaarder het sy inkomsteteiken vir die eerste kwartaal met R13 miljard gemis.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se inkomste uit dividendbelasting was in die eerste kwartaal 24% minder as die voorlopige ramings daaroor.

Dit was R7,228 miljard vergeleke met R9,509 miljard wat verwag is.

Dit vorm deel van die totale tekort van R13,051 miljard in belasting wat in die eerste kwartaal ingesamel is. Dit is 4,5% minder as waarna gemik is.

Dié syfers blyk uit ’n voorlegging aan die parlement se staande komitee oor finansies oor die SAID se eerste kwartaal van die belastingjaar.

Die totale inkomste wat die SAID in die eerste kwartaal ingesamel het, staan op R275,415 miljard vergeleke met die verwagte R288,467 miljard.

Spesifieke aksyns was 9,2% laer, en die invordering van persoonlike-inkomstebelasting was 5,1% laer.

Die SAID sê laer inkomste uit die invordering van belasting op toegevoegde waarde (BTW) op ingevoerde goedere spruit uit laer bydraes van kategorieë soos masjinerie, fotografiese toerusting en komponente van oorspronklike-toerustingvervaardigers.

Die SAID verduidelik die laer invordering van persoonlike inkomstebelasting spruit uit laer as verwagte werknemersbelasting wat 4,3% laer op R4,7 miljard is. Dit spruit uit vroeër betalings van werknemersbelasting in Maart pleks van April.

Laer aksyns is ingesamel weens laer insamelings van sigarette en ander tabakprodukte. Dit is onder meer weens kleiner sigaretmaatskappye wat gesluit het in die vorige jaar en hul bedrywighede buite Suid-Afrika se grense verskuif het. Die inkomste uit aksyns was 9,2% of R900 miljoen laer as wat verwag is, op R8,388 miljard.

BTW-terugbetalings was volgens die SAID 1,5% of R700 miljoen laer in die eerste kwartaal weens stadiger groei in vaste kapitaalvorming. Motorfabrieke wat tydelik gesluit het vir opknappings het ’n direkte uitwerking op motoruitvoer gehad en dit het ook BTW-terugbetalings beïnvloed, sê die SAID.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.