Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Minimum loon: Nog geen teken van groot afleggings

Dit blyk dat die verpligte nasionale minimum loon, wat op 1 Januarie vanjaar in werking gestel het, ’n “onbeduidende” invloed het op afleggings in die private veiligheidsbedryf.

veiligheidskamera, kamera
Baie min veiligheidswagte wat afgedank word, kla dat dit oor die minimum loon is. Foto: Pixabay

Dit blyk uit syfers vir dié bedryf van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), luidens ’n verklaring wat die departement van arbeid Donderdag uitgereik het.

Dit kom nadat heelwat kommentators en sakelui voorspel het die inwerkingstelling van die nasionale minimum loon sal tot massa-afleggings lei.

Haroun Docrat, senior nasionale kommissaris vir kollektiewe bedinging van die KVBA, sê die kommissie het 322 verwysings weens onbillike afdanking uit die veiligheidsbedryf gekry sedert die inwerkingtreding van die nasionale minimum loon op 1 Januarie.

Hy het vandeesweek gepraat op ’n seminaar oor die bedryf wat die departement van arbeid in Braamfontein, Johannesburg, aangebied het. Die tema hiervan was “Dis die regte ding om te doen om die nasionale minimum loon te betaal”.

Volgens Docrat het ’n relatief klein getal van die sake wat na hulle verwys is omdat mense meen hulle is onbillik ontslaan, na die minimum loon verwys.

Daar was wel ’n aansienlike getal klagtes uit dié bedryf, ’n aanduiding van die probleme met die lae besoldiging van veiligheidswagte, ten spyte van die nuwe regulasies.

Meer as die helfte van alle klagtes wat die KVBA sedert 1 Januarie uit dié bedryf gekry het, het uit slegs twee provinsies gekom: Gauteng (30,9%) en KwaZulu-Natal (21,1%).

Adv. Fikiswa Mncanca, uitvoerende direkteur van die departement van arbeid se statutêre en voorspraakdienste, sê die private veiligheidsbedryf ondervind steeds probleme, soos werkgewers wat nie betaalstrokies aan hul werkers uitreik nie, nie redelike rustye aan hul werkers gee nie, versuim om vir oortydwerk te betaal en die indiensneming van ongedokumenteerde buitelandse individue wat óf nog minder betaal word óf glad nie betaal word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.