Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Minimum loon: Vakbonde verwerp 5%, vra 12,5%
rand, geld
Onderhandelinge vind tans plaas oor die voorgestelde verhoging van die nasionale minimum loon. Foto: Getty Images

Die vakverbond Cosatu verwerp die voorgestelde verhoging van 5% in die nasionale minimum loon.

Die onderhandelinge hieroor is tans by die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) aan die gang.

Cosatu wil hê die nasionale minimum loon moet met minstens 12,5% styg, sê Sizwe Pamla, nasionale woordvoerder.

Vakbonde wil hê die loonverhoging moet die inflasie in ag neem van die drie jaar sedert die aanvanklike ooreenkoms oor ’n nasionale minimum loon bereik is.

Die aanvanklike ooreenkoms van Maart 2017 het die nasionale minimum loon op R20 per uur vir algemene werkers, R18 per uur vir plaaswerkers en R15 per uur vir huiswerkers gestel.

In 2017 was die inflasiekoers vir die jaar 5,3%, waarna dit in 2018 tot onder 5% geval het. In 2019 het inflasie sy laagste vlak in nege jaar van 4,1% bereik.

Die Reserwebank wil verwagtinge oor inflasie rondom 4,5% hou vir vanjaar. Volgens sy vooruitskatting gaan die inflasiekoers rondom dié syfer bly tot minstens einde 2022.

Die Reserwebank beskou egter loonverhogings as ’n risiko vir die inflasiekoers.

Cosatu en die vakverbonde Fedusa en Nactu het ook gevra dat plaaswerkers, huiswerkers en staatsamptenare ’n hoër verhoging kry om enige moontlike gaping tussen hul betaling en die nasionale minimum loon uit te wis, sê Pamla.

Suid-Afrika het ’n nasionale minimum loon amptelik in Januarie verlede jaar bekend gestel. – Bloomberg

Meer oor:  Cosatu  |  Minimum Loon  |  Ekonomie  |  Inflasie  |  Werkloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.