Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mmusi kap ANC vir ontkenning van resessie

Suid-Afrika se nasionale skuld het al tot R3 000 miljard geklim en die land word deur ’n verdere kredietafgradering in die gesig gestaar, het Mmusi Maimane, DA-leier in die parlement, Woensdagaand gesê.

Mmusi Maimane, leier van die DA, sê die ANC glo nog dat die staat alles moet beheer. Foto: Jaco Marais

Hy het in ’n debat in die nasionale vergadering oor die resessie gesê enigiemand wat ontken dat Suid-Afrika in die middel van ’n ernstige ekonomiese krisis is, kan nie in die parlement oor oplossings debatteer nie.

Dit kom nadat adj.pres. David Mabuza vroeër die dag in vraetyd in die parlement ontken het dat Suid-Afrika in ’n tegniese resessie is.

Volgens Maimane het ekonome die ANC se wêreld as ’n pre-1990-heelal beskryf, ’n wêreld waarin die Berlynse Muur nog nie afgebreek is nie.

“In hul wêreld is die staat alles en moet alles doen. In hul wêreld is staatsondernemings die antwoord, maak nie saak hoe sleg hulle bestuur word nie.

“In hul wêreld kan landsburgers nie vertrou word om hul eie toekoms te beheer of hul eie grond te besit nie. Die staat weet wat die beste vir jou is.”

Die ANC aanvaar nie verantwoordelikheid vir die resessie nie en het geen plan om die land uit die resessie te kry nie, volgens Maimane.

Suid-Afrika se probleme sal nie met ’n stimuluspakket of ’n beleggingskonferensie opgelos word nie, het hy gesê met verwysing na pres. Cyril Ramaphosa se vroeëre aankondiginge hieroor.

Maimane meen die regering kan nie meer die internasionale finansiële krisis van tien jaar gelede of vir oudpres. Jacob Zuma blameer nie.

Hy het die DA se 7-punt-plan herhaal wat die party verlede week bekend gemaak het om die ekonomie te laat groei. Dit sluit in die privatisering en gedeeltelike privatisering van staatsondernemings, toestemming aan stede om hul eie krag regstreeks van onafhanklike kragprodusente aan te koop, die sny van die grootte van die kabinet en staatsdepartemente, en kwytskelding van kleinsake van belemmerende arbeidswetgewing.

Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Resessie  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.