Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Moody’s hou SA op hete kole
Moody’s Investors Service besluit op 23 Maart oor Suid-Afrika se gradering.

Suid-Afrikaners sal straks tot 23 Maart moet wag om vas te stel of die land tot volslae rommelstatus afgegradeer word.

Dis die datum op Moody’s Investors Service se kalender vir die besluit oor Suid-Afrika se gradering.

Moody’s is die enigste kredietgradeerder wat staatskuld nog op beleggingsgraad gradeer en ’n hersiening hang sedert November soos ’n wolk oor die land. ’n Gradeerder het drie tot ses maande om ’n hersiening af te handel, maar die meeste mense het verwag dat Moody’s kort ná die begrotingsrede op 21 Februarie sy besluit sou aankondig.

’n Woordvoerder van die agentskap wou hom egter glad nie uitlaat oor wanneer Moody’s sy besluit sal neem nie en het bloot weer na sy kalenderdatum van 23 Maart verwys.

Die ander groot gradeerders, S&P Global Ratings en Fitch Ratings, het ook nog nie ’n woord laat val sedert Malusi Gigaba, minister van finansies, se begrotingsrede nie.

Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, het Donderdag gesê senior tesourie-amptenare het net ná die begrotingsrede ’n telekonferensie met elkeen van die gradeerders gehou en dat die begroting in die algemeen goed ontvang is.

Mogajane reken dat genoeg gedoen is om ’n afgradering af te weer.

S&P en Fitch het ook einde Maart of begin April hul gebruiklike sesmaandelikse graderingsbesluit, maar albei dié agentskappe het Suid-Afrika in 2017 tot rommelstatus afgegradeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.