Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Moody’s is ‘laaste spyker in doodskis’

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service se besluit om Eskom voortaan by sy vooruitsigte vir die land se kredietgradering in te reken, sal “een van die laaste spykers in die doodskis van die ekonomie en die land wees”.

Moody’s is die laaste kredietgradeerder wat nóg nie Suid-Afrika tot rommelstatus afgradeer het nie.

Dit is die mening van Fanie Brink, ’n onafhanklike ekonoom.

Dié kredietgradeerder het Woensdagnag laat in ’n nuwe navorsingsverslag gesê hy gaan van nou af die staat se waarborge aan Eskom by sy vooruitsigte vir die land se kredietgradering inreken.

Hoewel Moody’s voorheen altyd daarop gewys het dat hy bekommerd is oor die staatswaarborge aan Eskom, het hy dit nooit by sy berekeninge ingesluit nie.

Fanie Brink

“Die staat se steun vir Eskom in sy 2019-begroting, asook die aankondiging dat die staat geld aan Eskom gegee het om sy skuld te betaal wat in Maart 2019 betaalbaar was, wys die maatskappy kan nie sy skuld sonder die steun van die staat betaal nie.

“Die gevolg is dat ons nou Eskom se skuld wat deur die staat gewaarborg word in ons oorsig van Suid-Afrika se algemene staatskuld van 2019 af insluit,” sê die gradeerder in die verslag.

Moody’s is die enigste groot kredietgradeerder wat nog nie die land se kredietgradering tot onder beleggingsgraad – oftewel rommelstatus – verlaag het nie.

“Hy het blykbaar ook die ernstige politieke en ekonomiese verwikkeling wat groot bedreigings vir die land se ekonomie inhou, uiteindelik besef en verstaan, sê Brink Vrydag in ’n verklaring.

“Hierdie stap moes lankal gevolg het – hoe moeilik die gevolge daarvan ook sou wees.

“Die feit is die ANC-regering sal weens sy totale onkunde oor die ekonomie, onbevoegdheid om die land te regeer en onstuitbare korrupsie nie sonder spesifieke drastiese en daadwerklike maatreëls ooit tot ander insigte oortuig kan word nie.”

Bloomberg het vroeër die week berig gegrond op sy berekeninge beloop Eskom se skuld nou sowat R500 miljard. ’n Groot deel van dié skuld word deur die staat gewaarborg, wat dit dus moet terugbetaal as Eskom dit nie kan doen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.