Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Moody’s sny verwagting vir SA groei wéér

Die laaste kredietgradeerder wat Suid-Afrika op beleggingsgraad gradeer, is steeds meer pessimisties oor die land se ekonomiese groei as die tesourie.

A monitor displays Moodys Corp. signage on the flo
Moody's se hoofkantoor in New York. Foto: Getty Images

Moody’s Investors Service het sy verwagting vir 2019-groei tot 0,7% verlaag. Dis teenoor die voorspelling van 0,8% in Augustus.

Dis egter steeds hoër as die tesourie se verwagting dat die ekonomie in 2019 met net 0,5% gaan groei – ’n skokaankondiging wat Tito Mboweni, minister van finansies, onlangs in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk gedoen het.

Moody’s reken 2020-groei gaan versnel tot 1%, teenoor die 0,7% wat in Augustus voorspel is, maar in 2021 gaan groei traer wees as voorheen gereken, op 1,2% eerder as 1,5%.

Moody’s het die vooruitsig vir Suid-Afrika se kredietgradering onlangs van stabiel na negatief verander, ’n stap wat beteken ’n afgradering tot rommelstatus is om die draai indien die land se geldsake nie omswaai nie.

Hoewel ekonomiese groei op sigself nie die kredietgradering bepaal nie, is trae groei ’n bydraende faktor tot die swak groei in belastinginkomste, wat op sy beurt bydra tot die land se skuldlas.

Wat die hele wêreldekonomie betref, verwag Moody’s nou selfs traer groei vir 2019, van net 2,6% teenoor die 3,2% wat nog in Augustus voorspel is. Vir 2020 is groei ook tot 2,6% verlaag (vanaf 2,7%), maar vir 2021 word effens vinniger groei van 2,8% nou voorspel (2,7% vantevore).

Moody’s sê hy verwag nie ’n wêreldwye resessie in 2020 of 2021 nie, maar daar is die “gevoel dat ’n resessie net ’n skok ver is”.

Die grootste risiko vir die wêreldekonomie is die toename in handelsgeskille.

“Hoewel ’n gedeeltelike handelsooreenkoms tussen die VSA en China vordering sou wees om spanning te verminder, sal dit na ons mening nie die heersende handelsonsekerheid beduidend verminder nie, en dit plaas ’n demper op sakebesluite.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.