Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Moody’s: Virus gaan ernstige impak op Afrika hê

Op die vooraand van Moody’s se besluit of hy Suid-Afrika tot rommelstatus gaan afgradeer, waarsku hy dinge lyk nie goed nie.

Moody’s is nie positief oor die vooruitsig vir Afrika-lande te midde van die Covid-19-uitbreking nie. Foto: Getty Images

Die kredietgradeerder het Donderdag ’n verslag oor Afrika-lande uitgereik wat hul ekonomiese vooruitsigte in die lig van die verergerende Covid-19-pandemie uitlig.

“Die globale skok van die koronavirus gaan ’n ernstige makro-ekonomiese en finansiële impak op Afrika-lande hê,” sê David Rogovic, adjunkpresident van Moody’s.

“Selfs met die spesifieke fiskale en monetêre stimuluspakkette wat verskeie lande en sentrale banke al aangekondig het, sal die wêreldwye skok die ekonomiese groei van Afrika aansienlik beperk.”

Bo en behalwe die effek van die virus self gaan die sluiting van grense, ontwrigting van handel, daling in die prys van kommoditeite en onstuimigheid van finansiële markte “kredietomstandighede” vir talle lande erg laat verswak. Inkomste uit uitvoer gaan ook beduidend verswak, wat nog druk op reeds beleërde lopende rekeninge gaan plaas.

Moody’s besluit Vrydagaand of hy Suid-Afrika tot onder beleggingsgraad gaan afgradeer.

Ontleders is al ’n geruime tyd oortuig daarvan dat die kredietgradeerder wel sal besluit om Suid-Afrika af te gradeer, maar daar is ook ’n pleidooi dat die besluit uitgestel moet word in die lig van Covid-19. Die effek daarvan is wel al grootliks ingeprys op markte.

Suid-Afrika se beleërde staatskas was vantevore reeds kommerwekkend vir Moody’s en met ’n jaar lange resessie wat nou weens Covid-19 dreig, sal die land se fiskale toestand waarskynlik net verder agteruit boer.

Die pandemie het markte en die rand die afgelope weke erg wisselvallig gemaak en daar is ontleders wat glo ’n afgradering deur Moody’s, hoewel nou nie goeie nuus nie, is nie juis meer die probleem van die dag nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.