Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Motorverkope se buitelandse lewenslyn in gedrang

Motorvervaardigers, wat al hoe meer staatmaak op die uitvoermark, moet verwag dat dié lewenslyn later vanjaar gaan uitrafel, waarsku ekonome.

’n Nuwe motor word in ’n Renault-fabriek vervaardig. Foto: Getty Images

Die verkope van nuwe passasiersvoertuie het in Julie met 8,2% teenoor verlede jaar getuimel. In Junie was die daling 3,2%. Passasiersvoertuie verteenwoordig meer as die helfte van alle verkope van nuwe voertuie.

Algehele nuwevoertuigverkope het met 3,7% in Julie op ’n jaargrondslag gedaal. Dié daling is versag deur die goeie uitvoersyfers. Verkope van nuwe voertuie vir uitvoermarkte het met 22,1% gestyg.

In die segment vir ligte handelsvoertuie is daar in Julie meer voertuie uitgevoer (14 766) as plaaslik verkoop is (13 852).

Volgens Lara Hodes, senior ekonoom van Investec, kan daar nie verwag word dat uitvoer vir die res van die jaar goed sal vaar nie.

Sy skryf dit toe aan groot onstuimigheid in wêreldhandel, asook die gebrek aan momentum in plaaslike vervaardiging.

Dit dui daarop dat motorverkope waarskynlik selfs verder gaan daal.

Nedbank sê in sy verslag oor motorverkope dat aanwysers van reële ekonomiese aktiwiteit nie op goeie nuus dui nie.

Selfs die onlangse verlaging in die rentekoers gaan nie verbruikers se koopkrag genoeg aanhelp om ’n wesentlike verskil aan motorverkope te maak nie.

“Dit sal net ’n beperkte invloed op verkoopsgroei hê, aangesien strukturele struikelblokke en beperkings van infrastruktuur sal aanhou om ekonomiese groei laag te hou.”

Dié sentiment word ook deur Mark Dommisse, voorsitter van die Nasionale Motorhandelaarsvereniging, gedeel.

“Ons doen ’n beroep op die regering om aggressief sy pogings aan te wend om groei te stimuleer.”

Volgens hom sal die rentekoers met baie meer as 25 basispunte moet sak voordat dit sou kon vergoed vir die treurige stand van die ekonomie.

Meer oor:  Investec  |  Nedbank  |  Motorverkope  |  Motorhandel  |  Vervaardiging  |  Uitvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.