Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Motsepe, Jonas deel van ‘Span SA’ in Davos
Bekendes soos Patrice Motsepe (heel links) en Mcebisi Jonas, voorsitter van MTN, naaslinks, verskyn op die foto wat op Twitter gedeel is van “Span SA” wat met beleggers gesels het. In die middel voor is ministers Naledi Pandor en Ebrahim Patel.

Minder ministers en verteenwoordigers van staatsondernemings is vanjaar by die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland.

Ingesluit onder die sakelui wat dit bywoon, is die bekende sakeman Patrice Motsepe, uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, en Mcebisi Jonas, voorsitter van MTN.

Dié twee pryk ook onder andere op ’n foto wat op die amptelike Twitter-rekening van die regering geplaas is oor “Span SA”, wat met potensiële en huidige beleggers van Suid-Afrika op die konferensie vergader het. Dié sessie het agter geslote deure plaasgevind.

Tito Mboweni, minister van finansies, is ook op die foto. Mboweni is ongewoon stil op Twitter sedert die WEF begin het.

Hy het wel op Twitter verwys na ’n Suid-Afrikaanse geleentheid wat Dinsdagaand plaasgevind het en het verder ’n taamlik vervelige video van homself opgelaai.

LEES OOK: Tito by Davos: ‘Dit gaan oor Afrika’

BusinessTech het die volle lys Suid-Afrikaanse afgevaardiges gepubliseer. Die lys is deur die nuusgroep Quartz uitgelek. Dit toon 50 Suid-Afrikaners woon dit by, effens minder as die 56 verlede jaar, berig BusinessTech.

Minder verteenwoordigers van staatsondernemings en minder ministers woon dit by.

Die WEF het in 2020 nie soos voorheen ’n lys uitgereik nie weens Europese privaatheidswette.

Benewens Mboweni, is dié ministers daar:

  • Naledi Pandor, minister van internasionale verhoudinge en samewerking; en
  • Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging.Lesetja Kganyago, hoof van die Reserwebank, is ook teenwoordig.

Onder staatsondernemings is die volgende mense daar:

  • Busi Mabuza, voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC);
  • Tshokolo Nchocho, die IDC se uitvoerende hoof;
  • Popo Molefe, voorsitter van Transnet; en
  • Mohammed Mahomedy, Transnet se waarnemende uitvoerende hoof.

Bekende finansiële instellings se hoofde sluit in:

  • Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank;
  • Fani Titi, medehoof van Investec; en
  • Jacko Maree, voorsitter van Liberty.

Van die ander sakelui met Suid-Afrikaanse bande is:

  • Die Nederlander Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers;
  • Fleetwood Grobler, uitvoerende hoof van Sasol; en
  • Sipho Pityana, voorsitter van AngloGold Ashanti.

BusinessTech berig die koste van die bywoning kan iemand tussen $20 000 tot $50 000 uit die sak jaag. Net die bywoning alleen kos $27 000.

Die omstrede Iqbal Survé, voorsitter van Sekunjalo, het ’n verklaring oor sy bywoning uitgestuur.

Meer oor:  Wef  |  Ekonomie  |  Staatsondernemings  |  Wef 2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.