Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Munisipale skuld: 80% kan nie ingevorder word

Minder as ’n kwart van die R158,9 miljard wat aan munisipaliteite geskuld word, is “realisties invorderbaar”.

Die munisipale boekjaar het pas begin, en munisipaliteite bestee reeds te min aan infrastruktuur soos paaie. Foto ter illustrasie

Van dié berg skuld is net R35,4 miljard skuld wat 90 dae of minder agterstallig is, dus net meer as 22%. Die res is langtermynskuld, die rente daarop en die koste om dit te probeer invorder.

Die kans is skraal dat dit ingevorder sal kan word, sê die nasionale tesourie in ’n verslag oor munisipale geldsake wat Woensdag uitgereik is.

Die tesourie sê dit beteken geensins hy beveel aan dat die skuld afgeskryf moet word nie. Munisipaliteite het wel R162,4 miljoen, oftewel 0,1% van die skuld, afgeskryf.

Die verslag handel oor die eerste kwartaal van die 2018-’19- munisipale boekjaar, die drie maande van Julie tot September.

Die grootste persentasie, 72,4% of R115 miljard, is geld wat huishoudings aan munisipaliteite skuld; die regering self skuld 6,3% of R10 miljard; en die res, 21,3% oftewel R33,9 miljard, is wat ondernemings aan munisipaliteite skuld.

Die skuld is 10,7% meer as in die eerste kwartaal van die vorige boekjaar.

Skuldinvordering

Die verslag wys daarop dat munisipaliteite sukkel om skuld in te vorder. Die koers vir invordering is gemiddeld 83,3%, vergeleke met die teiken van 90,4%.

Metropolitaanse munisipaliteite vaar beter as hul mikpunt, met ’n invorderingskoers van 94,3% teenoor die begrote 92,3%. Sekondêre stede vorder egter net 61,3% van hul skuld in teenoor hul teiken van 87,7% - ’n hele 26,4 persentasiepunte minder as begroot.

Kapitaalbesteding

Benewens die probleem met skuld is die tesourie bekommerd oor munisipaliteite se onderbesteding aan kapitaalprojekte. Kapitaalprojekte sluit in die bou van paaie en die instandhouding of opgradering van bates soos geboue, voertuie en toerusting. (Die bou van skole en hospitale val onder provinsiale begrotings.)

Munisipaliteite het net R6,6 miljard, oftewel 9%, van hul gesamentlike kapitaalbegrotings van R73,4 miljard in die eerste kwartaal bestee. Die tesourie beskryf dit as “beduidende onderprestasie”, selfs gegewe dat dit die eerste kwartaal was. Kapitaalbesteding neem gewoonlik toe in die tweede helfte van die munisipale boekjaar soos wat tenderprosesse voltooi en kontrakte toegewys word.

Nog syfers uit die verslag:

  • Munisipaliteite het in die eerste kwartaal van die boekjaar 18,6%, oftewel R82 miljard, van hul begrote besteding gedoen.
  • Hul inkomste beloop 24%, dus baie naby aan ’n kwart, oftewel R104,9 miljard van die begrote R436,9 miljard vir die jaar.
  • Munisipaliteite het R113,6 miljard vir salarisse en lone begroot, wat R10,5 miljard of 10,2% meer is as in die 2017-’18-boekjaar. Salarisse beloop gemiddeld 30,8% van munisipaliteite se begroting.
Meer oor:  Munisipale Skuld  |  Munisipaliteite  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.