Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Munisipale werkers maak reg vir ‘oorlog’ oor lone

Die munisipale-werkersvakbond Samwu het sy meer as 160 000 lede aangeraai om vir ’n “komende oorlog” met die regering voor te berei.

Ná vier rondes van onderhandelinge tussen vakbonde en die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) het die daaropvolgende fasiliteringsproses nou ook in ’n dooiepunt geëindig, met vakbonde wat die fasiliteerder se onafhanklike voorstelle ten volle verwerp het.

Samwu het gevra vir ’n deurlopende R4 000-verhoging vir alle munisipale werkers wat daarop gemik was om “die ongelykheid” tussen werknemers aan te pak.

Dit sou neerkom op ’n meer as 40%-verhoging vir die laags betaalde werknemers in munisipale diens.

Die fasiliteerder het egter ’n verhoging van 4% aangebied vir die eerste van die driejaarloonooreenkoms, wat daarna gevolg sal word deur ’n inflasieverwante verhoging van inflasie minus een persentasiepunt vir twee jaar.

Samwu verwerp nie net die aangebiede verhoging nie, dit verwerp ook die vasberadenheid van die fasiliteerder om ’n driejaarloonooreenkoms te onderteken.

Samwu sê Salga was besig om die eis vir ’n enkeljaarooreenkoms te oorweeg, en toe kom die fasiliteerder met ’n “pro-sake”-aanbod wat dié eis heeltemal geminag het.

Samwu sê inderwaarheid dat die fasiliteerder nié onafhanklik opgetree het nie, en te alle tye net in die beste belange van die werkgewer opgetree het en hoegenaamd nie geluister het na die vakbonde se eise nie.

Samwu noem die 4%-verhogingsaanbod ’n “gespoeg in die gesig” van vakbonde.

Volgens die vakbond kom dit neer op ’n verhoging van slegs R356 per maand vir die armste munisipale werkers, wat minder as R15 000 per maand verdien.

Samwu verduidelik dat “navorsing” wys dat ’n Suid-Afrikaner minstens R15 000 per maand nodig het om ’n goeie lewe te lei.

Samwu het dus geëis dat die minimum loon vir die bedryf op R15 000 per maand vasgestel word.

“In nog ’n poging van die fasiliteerder om die werkgewer se aanbod te herhaal en sy wense na te kom, het hy voorgestel dat alle voordele wat munisipale werkers ontvang, gevries moet word. Dit sluit ook voordele in wat op afdelings- en plaaslike vlak beding word,” sê Samwu in ’n verklaring.

“Vir ons is dit ’n aanval op kollektiewe bedinging en die omkeer van die winste wat deur die jare behaal is. Die bevriesing van voordele is een punt wat altyd deur ons lede verwerp is.”

Samwu het ook gevra vir ses maande se kraamverlof vir nuwe moeders en een maand verlof vir nuwe vaders.

Die fasiliteerder het besluit dat hierdie eise beter gepas is vir ’n aparte onderhandelingsproses wat later sal moet geskied.

Samwu sê op Twitter dat sy lede se tekkies reg is vir ’n enorme staking wat die munisipaliteite van die land sal lamlê.

Lede het nou tot 22 Junie om vir Samwu ’n mandaat te gee en te reageer op die werkgewer se aanbod.

Daarna sal Samwu aankondig of hy gaan staak of nie.

Meer oor:  Samwu  |  Salga  |  Loononderhandelinge  |  Vakbonde  |  Munisipale Werkers  |  Munisipaliteite  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.