Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nasleep van onluste bly onthutsend

Vervaardigers se sentiment is ernstig beïnvloed deur die onluste van Julie, wat ook dié bedryf laat swaar kry.

Toyota se Prospecton-aanleg in Durban. Dié vervaardiger se moedermaatskappy het gedreig om uit die land te onttrek weens die onluste in Julie, maar het intussen daaroor besin. Foto: Toyota

Absa se kwartaallikse peiling onder vervaardigers (die PMI) vir die derde kwartaal wys dat die onluste vertroue in die bedryf vinnig afgetrek het tot slegs 41 op die indeks uit 100 punte.

Dit was in die tweede kwartaal op ’n reeds swak 46.

Die voortslepende pandemie en daarboonop die miljarde rande skade wat aangerig is in KwaZulu-Natal en Gauteng, maak dit nou al hoe moeiliker vir vervaardigers om positief te bly oor hoe swak hul ondernemings vaar.

“Met volgehoue onsekerheid rakende die beperkings op sake weens die inperking gedurende die kwartaal sowel as die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng, is die afname in vertroue nie te verbasend nie,” sê Justin Schmidt, hoof van die vervaardigingsektor by Absa.

Die kwartaallikse opname, wat ongeveer 700 sakelui in die vervaardigingsektor dek, is tussen 11 en 30 Augustus 2021 deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) aan die Universiteit Stellenbosch gedoen. Die vertrouensindeks wissel tussen nul en 100, met nul wat ’n uiterste gebrek aan vertroue en 100 uiterste vertroue weerspieël.

Absa meen onstuimigheid in voorsieningskettings bly kommerwekkend.

Vervaardigers het egter daarin geslaag om hul voorraadvlakke te verbeter teenoor die vorige kwartale in sowel voorraad van insette as uitsette.

Die druk op ondernemings se winsmarge bly ’n bron van kommer – die totale koste per produksie-eenheid het met tien punte gestyg tot 71 gedurende die kwartaal, die hoogste wat dit sedert die vierde kwartaal van 2018 was. “Respondente het aangedui dat verhoogde grondstofkoste, hoë plastiek-, staal- en verpakkingskoste, stygende elektrisiteitstariewe en verhoogde vervoerkoste die belangrikste bydraers tot die margedruk was.”

Meer oor:  Absa  |  Buro Vir Ekonomiese Ondersoek  |  Fabrieke  |  Vervaardiging  |  Ekonomie  |  Vervaardigers  |  Pmi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.