Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nedlac ‘het positiewe rol in pandemie gespeel’

’n Krisis soos die Covid-19-pandemie het gewys wat ’n positiewe rol arbeidsorganisasies soos die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) kan speel, het Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, Dinsdag gesê.

Nedlac het gehelp om ’n snelle verkrygingsproses op die been te bring vir die aankoop van persoonlike beskermende toerusting, het Nxesi gesê op ’n virtuele beraad ter viering van Nedlac se 25ste bestaansjaar.

Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid. Foto: Daily Sun
Eskom-kontrak

Adj.pres. David Mabuza het op die beraad ’n ooreenkoms met Eskom aangekondig om inklusiewe groei te verseker. Deel van die ooreenkoms is om inwoners aan te moedig om te betaal vir die elektrisiteit wat hulle gebruik. Dit kom in die lig van die meer as R30 miljard wat munisipaliteite Eskom skuld weens onder meer inwoners wat weier om hul kragrekeninge te betaal.

Nedlac word versterk

Nedlac het vanjaar weens die pandemie 255 aanlyn konferensies gehou, het Lisa Seftel, uitvoerende direkteur van Nedlac, op die beraad gesê.

Nedlac het al op 15 Maart ’n spesiale uitvoerendekomiteevergadering gehou om ’n Nedlac-snelreaksietaakspan te skep, het Seftel gesê.

Sy meen van die groot prestasies van Nedlac vir die jaar was om hom te beywer vir die verlenging van die Covid-19-Ters-betalings tot 15 Oktober en langer.

Nedlac het ten nouste saam met plaaslike regerings en die departement van samewerkende regering en tradisionele sake gewerk om informele handelaars te help wat weens die staat van inperking skade gely het.

Seftel het beloof Nedlac se prosesse word verbeter en geherstruktureer vir groter doeltreffendheid.

ILO

Guy Ryder, direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), sê $3 500 miljard se salarisse is vanjaar wêreldwyd weens die pandemie verloor – dit is ’n daling van 11% in die totale vergoeding van werknemers.

Ryder het via ’n videoverbinding aan die beraad gesê die internasionale reaksie op die pandemie was byna $12 000 miljard se besteding in ’n poging om ekonomieë te ondersteun.

Maar die internasionale reaksie was volgens hom nie gekoördineerd genoeg nie, want terwyl ryk lande redelik goed gevaar het om hulself te ondersteun, het opkomende ekonomieë gesukkel.

Internasionale organisasies soos die ILO is nog nooit so getoets soos in hierdie tyd nie, sê Ryder.

Hy meen as die wêreld beter saamwerk en maatskaplike dialoog inspan – soos wat by Nedlac gedoen word – kan ontwikkelingsdoelwitte bereik word.

Meer oor:  Eskom  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Vakbonde  |  Koronavirus  |  Transformasie  |  Arbeid  |  Inperking  |  Nedlac
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.