Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nedlac kom ooreen oor plan vir ekonomie

Vakbonde, die sakesektor en die regering het ooreengekom op ’n “aksieplan’ vir ekonomiese herstel en die kabinet gaan dit eersdaags afrond, het die presidensie Dinsdagmiddag in ’n verklaring gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa beskryf Dinsdag se Nedlac-sitting oor die ekonomie as ’n mylpaal in die demokrasie. Maar niemand weet nog wat die ekonomiese plan behels nie.

Dit kom ná ’n sitting van die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), die liggaam waarop ekonomiese en arbeidsvraagstukke onderling beding word voordat planne of wette deurgevoer word.

Pres. Cyril Ramaphosa praat nou reeds sedert die begin van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperking van ’n sogenaamde maatskaplike verdrag vir die herstel van die ekonomie ná die krisis.

Luidens die verklaring is die plan gegrond op “beduidende ooreenstemming oor wat gedoen moet word om die ekonomie op ’n nuwe, versnelde, inklusiewe en transformerende groeitrajek” te plaas.

Gebiede wat voorkeur sal geniet, sowel as strukturele hervormings wat deurgevoer moet word, is geïdentifiseer. Die klem is op werkskepping en “volhoubare en inklusiewe groei”.

Daar is ook ooreengekom dat die regering, sakesektor, vakbonde en gemeenskappe moet saamstaan om Eskom se finansiële krisis op ’n volhoubare manier op te los.

Hoewel Ramaphosa dit as ’n “belangrike mylpaal in die geskiedenis van ons demokrasie en die aanvang van ’n nuwe era van vertroue” beskryf, is daar steeds geen besonderhede oor wat die plan behels nie.

Ramaphosa gaan besonderhede aankondig wanneer die plan deur die kabinet afgerond is.

“Dis ’n groot prestasie wat uitstyg bo die uitdagings van die oomblik,” luidens die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.