Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nedlac moet verander, sê minister van arbeid

Tensy Nedlac verander, kan hy nie sy rol vertolk in die broodnodige omkeer van die Suid-Afrikaanse ekonomie nie.

Thulas Nxesi
Thulas Nxesi Foto: Daily Sun

Só het Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, Donderdag as hoofspreker op Nedlac se 24ste jaarlikse beraad in Sandton, Johannesburg, gesê.

Nedlac, die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad, is die liggaam waarop die regering, arbeid- en sakesektor beleid bespreek ten einde ’n balans te vind tussen maatskaplike bevordering en ekonomiese groei nog voordat wetgewing opgestel word.

Maar Nxesi sê sleutelspelers word óf uitgesluit, óf geïgnoreer binne Nedlac.

Sonder hul insette is Nedlac se insette tot die land se probleme “eensydig, belemmer en moontlik selfs irrelevant”.

Nxesi het verwys na ’n “robuuste gesprek” met Business Unity South Africa (Busa) Woensdag op sy jaarvergadering waar dit ooglopend geword het dat ’n persepsie heers dat Nedlac “bloot ’n ritueel word wat versuim om die moeilike vraagstukke aan te pak”.

Wat die persepsie gedeeltelik bevorder, is die “eksklusiwiteit” van Nedlac, asook die swak deelname van bestaande belanghebbendes, onder meer die regering self.

Nxesi self moes die hooftoespraak doen omdat sowel pres. Cyril Ramaphosa as adj.pres. David Mabuza nie die beraad kon bywoon nie.

Ten einde van dié probleme op te los, het Nxesi belowe om onder meer:

  • Die regering se toewyding te bekom om te verseker dat sy kollektiewe betrokkenheid op ’n hoë en strategiese vlak by Nedlac geskied; en
  • Die stigtingsprotokolle van Nedlac te laat hersien om groter inklusiwiteit te bevorder sodat die organisasie werklik verteenwoordigend is van alle maatskaplike vennote.

Nxesi was hoopvol dat Nedlac ’n groot rol kan speel in die regruk van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Hy het nie doekies omgedraai oor die werklike probleme waardeur Suid-Afrika in die gesig gestaar word nie.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) het nie geslaag nie, het hy verduidelik. Waar dit in 2012 beloof het om werkloosheid van 25% tot 14% teen 2020 te verlaag, het dit toe eerder toegeneem tot 29% in 2019.

“Kollegas, dié is die werklikheid waarmee ons gekonfronteer word,” het Nxesi gesê. “Ons kan óf kla, óf ons kan soek na die maniere om ons toekoms te herskep.

“Ons geskiedenis is ’n verhaal van struikelblokke oorkom – ’n sentiment wat ek hoop ons almal deel.

“Maar onthou, die hoop en ambisies van ons mense lê by ons. Ons durf hulle nie in die steek laat nie.”

Nxesi sê al is Suid-Afrika in ’n ekonomiese krisis, is die land in staat om die omkeer te begin. “En ons hoef ook nie van voor af te begin nie,” sê Nxesi.

Met ’n paar sleutelbesluite en goeie uitvloeisels van verskeie planne en projekte – soos die beleggingskonferensies en jeugwerkloosheidsprogramme van Ramaphosa – sê Nxesi kan en sal omstandighede verander.

Daar is eintlik al baie dinge in plek, sê hy. Met die regte insette en samewerking kan dié kapitaal in al sy vorme ingespan word om die land werklik weer op koers te kry.

Meer oor:  Nedlac  |  Werkskepping  |  Ekonomie  |  Departement Van Arbeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.