Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jy sal steeds jou eie huis moet stofsuig

Die regering het weer ’n ommekeer gemaak oor watter huiswerkers van 1 Mei mag gaan werk.

Huiswerkers kan steeds nie teruggaan werk toe nie.Foto: PIxabay

Huiswerkers wat nou bejaardes, kinders, siekes, fisiek en verstandelik gestremdes versorg, mag wel werk. Verder mag inslaap-huiswerkers ook werk.

Daar is Saterdag voorgestel die huiswerkers van mense wat onder vlak 4 mag werk, mag ook begin werk. Dié voorstel is toe nié in die finale regulasies ingesluit nie.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het Woensdagaand dié aankondiging gedoen toe sy die regulasies wat vir vlak 4 van die staat van inperking geld, uiteengesit het.

Saterdag was die voorlopige aanduiding nog dat mense wat ingevolge die vlak 4 regulasies weer mag teruggaan werk toe, ook weer hul huiswerkers mag vra om terug te kom werk toe.

Uit die voorstelle wat voorheen gemaak is, blyk dit dat tuinwerkers eers weer terug kan gaan werk toe wanneer vlak 3 ingestel word.

Eers op vlak 2 van die inperkings mag alle huiswerkers weer by enigiemand werk. Dié regulasies moet egter nog bevestig word en is onderhewig aan aanpassings voordat die land na laer vlakke beweeg.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Huiswerkers  |  Vlak 4  |  Huishulp  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.