Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nene paai beleggers in Londen
Nhlanhla Nene, minister van finansies. Foto: Deaan Vivier

Onteiening van grond sonder vergoeding sal op ’n “verantwoordelike wyse” gedoen word wat die land se maatskaplike uitdagings by die horings sal pak.

Só het Nhlanhla Nene, minister van finansies, Dinsdag in Londen gesê ná ’n reeks vergaderings in die Britse hoofstad om beleggers daaroor in te lig.

Hy het ná die tyd aan joernaliste gesê die regering sal teen Augustus konkrete voorstelle oor onteiening voorlê.

Hy sê die kwessie “het die potensiaal om misbruik te word” vir politieke doeleindes.

’n Parlementêre komitee stel ondersoek in oor die wysiging van die Grondwet sodat grond sonder vergoeding onteien kan word – ’n stap wat volgens die DA beleggers sal afskrik en landbouproduksie sal inperk.

Die ANC, gesteun deur die EFF, voer weer aan dat die bestaande meganismes nie voldoende is om ongelykhede reg te stel nie.

Die ANC het op sy konferensie in Desember, waar Cyril Ramaphosa tot nasionale leier verkies is, besluit om onteiening sonder vergoeding na te jaag en ook om wetgewing te verander om die Reserwebank onder staatsbeheer te plaas.

Dié stap is nie ’n prioriteit nie en die Reserwebank se mandaat en onafhanklikheid word nie bevraagteken nie, sê Nene.

Suid-Afrika is tot fiskale konsolidasie verbind – sowel aan die inkomstekant as met die beheer van sy uitgawes – en sal die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se vermoë versterk om belasting in te samel, sê Nene.

Die minister en amptenare van die tesourie het Maandag vergaderings met Fitch Ratings en Moody’s Investors Service gehou, sê Nene. Suid-Afrika probeer ’n afgradering tot rommelstatus deur Moody’s vermy. Dié agentskap het die land in November op hersiening vir ’n afgradering geplaas.

Die tesourie se span sal later vandeesweek ook in New York met beleggers vergader. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.