Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Net 57c tussen die rand en R20 per dollar

Die rand het vroeg Maandagoggend effens kop opgetel teenoor die dollar en tot R19 verstewig.

’n Dollar sou jou vroeg Maandagoggend R19 kos. Foto: Elvira Wood

Dit kom nadat dit vroegoggend ’n nuwe rekord-laagtepunt van R19,43 teenoor die Amerikaanse geldeenheid bereik het.

Vrydag was daar vrese dat die geldeenheid tot sover as R20 teenoor die dollar kan terugsak.

Die verswakking kom nadat die kredietgradeerder Fitch Ratings, die land se skuldgradering nóg verder afgegradeer het.

LEES OOK: Rand val tot R19/$ ná nog ’n afgradering

Wichard Cilliers, hoofhandelaar van TreasuryOne, skryf Maandagoggend in ’n nota dat die rand nou 40% swakker is as die R13,99 teenoor die dollar waarteen hy die jaar afgeskop het.

Die rand verhandel vroeg Maandagoggend teen R23,33 teenoor die Britse pond en R20,55 teenoor die euro.

Wat betref hulpbronne het olie teen $33,74 per vat en goud teen $1 628,73 per fynons verhandel.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.