Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Net sommige baat by nuwe minimum loon

Net diegene wat tot dusver minder as die nasionale minimum loon verdien het, het in Maart ’n verhoging gekry.

Die nasionale minimum loon beloop nou R20 per uur. Foto: Unsplash

Labourwise, ’n aanlyn arbeidskonsultant, se jongste verslag oor loonvereistes in groot- en kleinhandelsektore wys slegs sekere werknemers baat by die instel van die nuwe nasionale minimum loon terwyl ander geen voordeel daaruit trek nie.

“Werkgewers het verwag dat die minimum loon in die groot- en kleinhandelsektore op 1 Maart sou toeneem; dit het nie gebeur nie.

Dit is waarskynlik omdat die nasionale minimum loon reeds op 1 Januarie in werking getree het, sê Labourwise in sy verslag wat Vrydag uitgereik is.

Lone in die groot- en kleinhandelsektore vir Maartmaand is bygewerk om die nuwe vereistes van die nasionale minimum loon te reflekteer nadat werkgewers gespartel het om die bedrag vir hul werkers wat die minste verdien tot R20 per uur op te stoot.

Daar was verwag dat die verdienste van meer ervare werknemers in ander kategorieë ook in Maart sou opgaan, maar dit het nie.

Pieter Human, bedryfs- en bemarkingshoof by Labourwise, sê daar was verskeie kategorieë van werkers in die groot- en kleinhandelbedryf wat in Januarie nog minder as die nuwe minimum loon van R20 per uur verdien het.

Hy sê hoewel almal nou binne die perke van die nuwe wetgewing verdien, is daar talle werkers wat nie hoër verdienste kry nie. Dit sluit in drywers en kassiere.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het vroeër vandeesweek opnuut bevestig dat ondernemings wat nie die minimum loon betaal nie, in die openbaar “genoem en verdoem” sal word, berig News24.

Oliphant het ook vroeër die week by die Internasionale Arbeidsorganisasie-byeenkoms in Johannesburg gesê 1 300 inspekteurs is aangestel om ondernemings te ondersoek wat na bewering nie hul werkers genoeg betaal nie.

Die regering sukkel wel om tegelykertyd hoër lone in te stel en meer werksgeleenthede te skep.

Soos wat druk op werkgewers toeneem om hoër lone te betaal, al styg verdienste nie noodwendig in die trae ekonomiese klimaat nie, vind al meer afleggings plaas om bedryfskostes te verlaag.

Volgens Oliphant is haar departement bewus van ’n nuwe taktiek waar werkers afgedank word om “arbeidswetgewing wat werkloosheid, ongelykheid en armoede takel, te ondermyn”.

Sy het gewaarsku dat die departement van arbeid sulke taktieke in die kiem sal smoor.

Die vereiste minimum loon vir werknemers wat meer as R20 in die groot- en kleinhandel verdien, bly vir eers onveranderd en daarmee saam die druk op werkgewers.

Volgens Human sal die huidige loonvereistes waarskynlik vir ’n tyd lank onveranderd bly. Hy sê dat hulle intussen wag op meer inligting van die departement van arbeid.

Meer oor:  Mildred Oliphant  |  Werkloosheid  |  Salarisse  |  Verhogings  |  Minimum Loon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.