Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nobelprys vereer jongste ekonoom en vrou nóg

Die Nobelprys vir ekonomiese wetenskappe is Maandag onder andere aan die jongste ekonoom nog – en tot dusver nog net die tweede keer aan ’n vrou – toegeken.

Die drie ekonome aan wie die Nobelprys vir ekonomiese wetenskappe toegeken is. Foto: Twitter

Esther Duflo (46) is saam met Abhijit Banerjee en Michael Kremer in Stockholm, Swede, vir hul eksperimentele benadering tot armoedeverligting vereer.

Kremer (54), ’n Amerikaanse ekonoom, het in die 1990’s

deur middel van mikro-ekonomiese waarnemings bepaal watter klein, spesifieke ondersteuning tot die gewenste uitkomste van armoedeverligting kan lei.

Sy werk in Kenia het die grondslag gelê vir hoe om veral skoolkinders se gesondheid en welsyn te verbeter sonder om net finansiering vir ’n breë probleem te verskaf.

“Die navorsing wat die pryswenners gedoen het, het ons vermoë om wêreldwye armoede te beveg merkwaardig verbeter,” lui ’n verklaring deur die Sweedse koninklike akademie van wetenskap (SKAW).

“Die nuwe eksperimenteel gegronde benadering het die veld van ontwikkelingsekonomie in net twee dekades heeltemal getransformeer, wat dit ’n florerende navorsingsveld gemaak het.”

Duflo, ’n Frans-Amerikaanse ekonoom, en Banerjee (58), ’n Indiër-Amerikaanse ekonoom, het Kremer se werk voorgesit en in ander lande, dikwels met Kremer se hulp, ontwikkel.

“Duflo en Banerjee se eksperimentele navorsingsmetodes oorheers vandag die veld van ontwikkelingsekonomie geheel en al,” sê die SKAW.

“As ’n regstreekse gevolg van een van hul studies het meer as vyf miljoen Indiërkinders gebaat by die programme wat effektiewe remediërende onderrig in Indiese skole verskaf.”

Die SKAW beklemtoon die belangrikheid van dié ekonome se werk om armoede doeltreffend hok te slaan.

Die moontlikheid om armoede te verlig sou daarsonder aansienlik minder gewees het. Meer as 700 miljoen mense wêreldwyd lewe nog in armoede.

Die drie ekonome ontvang elk 3 miljoen Sweedse krone.

Meer oor:  Ekonomie  |  Nobelprys  |  Ekonome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.