Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nóg 1,2 miljoen mense kan hul werk verloor

Tot 1,2 miljoen mense gaan waarskynlik oor die volgende ses maande die trekpas kry. Dis een van die skokbevindinge van die BeyondCovid-peiling wat pas bekend gemaak is.

werkloosheid
Hoe lank voordat ondernemings permanent hul deure moet sluit? Foto: Unsplash

Dit gee ’n ontstellende oorsig oor die kritieke toestand van die land se ekonomie een jaar nadat die eerste inperking op 27 Maart 2020 ingestel is.

Altesame 4 377 ondernemings het aan die peiling deelgeneem, waarvan meer as die helfte klein of mikro-ondernemings (KMO’s) was. Die peiling, gedoen deur die spesialis-bestuurskonsultante Redflank, het onder meer ondersoek ingestel na die impak van Covid-19 op ondernemings se sakebedrywighede tussen Julie 2020 en Maart vanjaar. 

Sien ook grafika onder.

Nóg ’n kommerwekkende uitkoms toon dat 41% van die ondernemings voorsien hulle sal oor die volgende ses maande personeel moet aflê. Ondernemings in konstruksie, verblyf en spyseniering, vervaardiging en inligtings-en-kommunikasietegnologie (IKT) beplan die meeste afleggings.

Volgens die peiling is 26% van die KMO’s gedwing om hul deure te sluit tydens die tydperk, waarvan 7% dit permanent moes doen.

Terwyl 44% van groot maatskappye aangedui het dat hulle nou weer soos normaal sake doen, het die vergelykbare getal vir KMO’s ’n 15%-afname getoon.

“KMO’s speel ’n kritieke rol in werkskepping en groei en word beskou as produktiewe drywers van inklusiewe ekonomiese groei en ontwikkeling. Die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan vir 2030 sê juis dié ondernemings is ’n groot bron van werkskepping en groei terwyl werksverliese in die formele sektor groei,” sê Fay Mukaddam, voorsitter van BeyondCovid, ’n maatskappy sonder winsbejag.

Die situasie word al hoe slegter vir klein en mediumgrootte ondernemings.
Lings Naidoo van Redflank

“Maar ons peiling toon ’n ander prentjie,” sê Lings Naidoo, direkteur van Redflank en medestigter van BeyondCovid.

Die KMO’s wat deelgeneem het, beplan om ’n gemiddeld van 13% van hul werknemers af te dank, of anders gestel, altesame 1,2 miljoen mense oor die volgende ses maande.

Groot ondernemings raam afleggings op 5% van hul arbeidsmag.

“Op die oog af lyk dit asof sake-ondernemings vanjaar in ’n klein mate beter daaraan toe is, maar as ’n mens dieper ondersoek instel, is dit eintlik net van toepassing op korporatiewe ondernemings.

“Die situasie word al hoe slegter vir KMO’s.”

Die kanse vir KMO’s om nou nie die mas op te kom nie, is 26 keer groter as vir korporatiewe ondernemings.

Dit gaan ’n stewige R1 100 miljard se finansiering verg om hierdie klein ondernemings ’n kans op oorlewing te gee, aldus die peiling.

Wat die peiling nóg wys:

  • ’n Derde van deelnemende ondernemings het aangedui dat hulle oor die volgende ses maande finansiering gaan benodig om op die been te bly vir minstens ’n jaar.
  • Ondernemings verwag ook dit gaan hulle nou ses maande langer neem om weer op bedryfsvlakke van voor Covid-19 te wees, dus ’n verwagte 3,5 jaar in plaas van 3 jaar, soos voorheen geskat.
  • In Julie 2020 het 74% ondernemings se werknemers van die huis af gewerk. Dit het gedaal tot 57%. ’n Hele 61% van ondernemings oorweeg dit om personeel ná die pandemie toe te laat om van hul huis af te werk.
  • Die volgende sektore het die meeste personeel wat van hul huis werk: IKT, finansiële dienste en eiendom. Landbou, vervoer en konstruksie, aan die ander kant, het die minste werknemers wat tuis werk.
k
    Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Werkloosheid  |  Afleggings  |  Inperking  |  Indiensneming  |  Covid-19  |  Kleinsake
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.