Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nog stygings in kospryse op pad
Die pryse van groente en vrugte daal skerp maand tot maand op plaasvlak. Foto: Mary-Ann Palmer

Die produksieprysindeks (PPI) van Statistieke Suid-Afrika (SSA) vir Mei toon daar is goeie en slegte nuus vorentoe vir verbruikers wat kospryse op winkelrakke betref.

Die PPI toon wat met pryse in die ketting op pad na winkelrakke gebeur – in fabrieke, by vervaardigers en op plaasvlak.

Die PPI vir klaar vervaardigde kos het met 10,9% jaar tot jaar gestyg.

Die grootste jaar-tot-jaar-stygings in die onderskeie onderafdelings vir klaar vervaardigde kos, is olies (25,4%), graanprodukte (21,1%), suiker (18,1%), stysel (15,2%), vis (13,4%) en vrugte en groente (11%).

Veral vrugte en groente, suiwelprodukte en suiker se indeks het maand tot maand ook sterk gestyg. Dit beteken verbruikers kan nog elke maand prysverhogings sien.

Ook graanprodukte se indeks het maand tot maand gestyg.

Die PPI vir landbou – dus wat pryse op plaasvlak doen – toon daar is geen verligting op pad vir graanprodukte nie. Die indeks vir graan en ander gewasse het jaar tot jaar met 46,2% gestyg. Maand tot maand het dit 5,1% gestyg.

Verligting is dalk ’n moontlikheid vir vrugte en groente. Op plaasvlak styg die indeks jaar tot jaar nog met 13,9%, maar dit het maand tot maand skerp gedaal.

In geheel het die PPI-indeks jaar tot jaar met 6,5% gestyg.

Busisiwe Radebe en Dennis Dykes, ekonome van Nedbank, het in kommentaar wat uitgestuur is, gesê dit is laer as die mark se verwagting.

“Maar ongeag die verlangsaming in Mei word verwag dit gaan styg in die komende maande, maar nie so sterk soos voorheen verwag is nie gegewe die beter as verwagte vooruitsig vir die rand. Die grootste deel van die opwaartse druk kom van voedselpryse.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Inflasie  |  Voedselinflasie  |  Ppi  |  Vervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.