Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nuwe ANC-leiers moet dié 6 stappe doen
Standard Bank se kantore in Rosebank, Johannesburg.

Standard Bank sê hy het, as ’n maatskappy wat ’n groot bydrae tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika lewer, die reg en die plig om op beleid en bestuur aan te dring wat ekonomiese groei weer sal aanmoedig.

Die bank wens die ANC se nuwe leiers in ’n verklaring geluk met hul verkiesing, maar vra in dieselfde asem dat “strukturele hervorming” dringend gemaak moet word.

“Met dié dat die ANC die regerende party is, is sy besluite van groot belang vir alle Suid-Afrikaners. Die ANC se beleidsbesluite en hoe hy regeer het die grootste invloed op hoe die Suid-Afrikaanse ekonomie presteer,” sê hy in die verklaring.

Hy doen ’n beroep op die ANC se leierskap om die volgende stappe te doen:

  • Versterk grondwetlikheid en die oppergesag van die reg. Verseker dat die toepaslike owerhede vinnige en beslissende optrede teen korrupsie in die openbare en private sektor neem.
  • Keer dat die fiskale tekort verder tot onvolhoubare vlakke styg. Begin ’n geloofwaardige proses van fiskale herstel. Dit vereis dat die gesag van die tesourie versterk word, die gehalte van inkomste-invordering en staatsuitgawes verbeter en die regering se voorwaardelike aanspreeklikhede wat voortspruit uit die skuld van staatsondernemings verminder word.
  • Hervorm die bestuur en versterk die kapitaalstrukture van staatsondernemings.
  • Stabiliseer en moderniseer beleidsomgewings in die mynbou-, energie- en kommunikasiebedryf.
  • Kry duidelikheid oor eiendomsregte en bespoedig grondhervorming.
  • Pas ’n volhoubare stelsel toe om tersiêre onderrig te finansier vir alle studente wat aan akademiese vereistes voldoen.

Standard Bank sê as hierdie stappe gedoen word, sal dit sake- en verbruikersvertroue herstel.

Dit sal Suid-Afrika se ekonomie help om vinnig genoeg te groei sodat werkloosheid en armoede nie toeneem nie.

“Ons het ook grootskaalse beleggings deur die openbare en private sektor in infrastruktuur nodig om welvaart te verseker.

“Groot hervormings van ons primêre, sekondêre en beroepsonderrig, asook gesondheidstelsels is nodig.”

Standard Bank waarsku dié hervormings sal nie moontlik wees as die stappe wat hy aanbeveel nie gedoen word nie.

Hy sê hy bly toegewyd tot Suid-Afrika se transformasie.

Meer oor:  Standard Bank  |  Anc  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.