Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Nuwe era vir vakbonde breek aan’ – Vavi
Zwelinzima Vavi

Die wat gewag het vir die terugkeer van die bekende vakbondleier Zwelinzima Vavi na vakbondwese sal nie teleurgesteld wees nie. Hy is die tussentydse leier van ’n nuwe vakverbond wat gestig is en wat beloof om “polities onafhanklik te wees”.

Die vakverbond se naam is South African Federation of Trade Unions (Saftu).

Vavi is weg by Cosatu nadat hy geskors is omdat hy ’n verhouding met ’n jong personeellid gehad het.

Vavi het die afgelope tyd baie kritiek teen Cosatu wat hy sê oor politieke redes nie werklik meer werkers se belange verteenwoordig nie.

“Ons gaan almal wat teen die belange van werkende mense is in hierdie land, platvee,” het Vavi gesê op die bekendstelling van die vakverbond in Boksburg.

“Maak vas julle sitplekgordels want ’n nuwe beweging het verrys en dit gaan oor werkende mense.”

Hy sê Saftu gaan nie ’n beweging wees wat sy “pad na die parlement onderhandel nie”

“Dit gaan oor die basiese belange van werkendes.”

Die vakbondfederasie gaan mededinging vir Cosatu wees.

Vavi was voorheen die hoofsekretaris van Cosatu.

Volgens hom het Saftu reeds 24 geaffillieerde vakbonde met 700 000 lede.

Die federasie wil nog 18 vakbonde onder sy vlerk kry.

Hy sê dit is ’n nuwe begin vir vakverbonde.

Die lede sluit ook in Fees Must Fall en Outsourcing Must Fall.

“Ons weet nie van ’n vorige poging om vakbonde van diverse agtergronde, politieke en ideologieë saam te trek nie.

“En ons het daarin geslaag om almal saam te trek.”

Volgens hom het dit geslaag omdat vakbonde teen “onmenslike kapitalistiese uitbuiting” wil opstaan.

Tydens sy eerste kongres wat van 21 tot 23 April plaasvind gaan die amptenare gekies word, die naam gaan heroorweeg word, asook die kleure.

Vavi sê pres. Jacob Zuma, Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en Cosatu kan bedank word vir die stigting van die nuwe vakverbond.

“Werkers kan nou hoop vir vakbonde wat hulle gaan dien en nie hul leiers nie.”

Volgens hom is die ANC en Cosatu paniekerig oor die nuwe vakverbond.

Zanoxolo Wayile, voormalige burgemeester van Nelson Mandelabaai en Numsa se leier, sê die nuwe vakverbond bied hoop vir die werkersklas.

Hy sê die vakverbond moet “polities onafhanklik” wees.

Thabo Mastose, vise-president van die Suid-Afrikaanse Polisievakbond sê die “dae van by die baas slaap terwyl voorgegee word mense word verteenwoordig, is verby”.

“Hou ons dop. Dit het nog nooit gebeur in die geskiedenis van die land waar 700 000 werkers byeenkom en sê ons wil onafhanklik wees nie.

“Dit is net die begin.” – Fin24

Meer oor:  South African Federation Of Trade Unions  |  Saftu  |  Cosatu  |  Anc  |  Numsa  |  Vakverbond  |  Werkers  |  Vakbond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.