Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nuwe portaal vir Brics-projekte

Infrastruktuurprojekte in Afrika wat deur die Brics-lande aangepak word, kan nou op ’n enkele internetportaal besigtig word, en is bedoel om projekeienaars en moontlike finansiers makliker by mekaar uit te bring.

Ravi Nair, uitvoerende hoof van Transnet Freight Rail en voorsitter van die Brics-sakeraad se infrastruktuurwerkgroep, het die portaal Woensdag bekend gestel.

Die Brics-lande verwys na Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.

Die Brics-sakeraad is in 2013 tydens die vyfde Brics-beraad gestig om sakebande tussen die Brics-lande te bevorder.

Die sakeraad bestaan ook uit agt ander werkgroepe.

Die infrastruktuurwerkgroep waarvan Nair voorsitter is moet samewerking op die gebied van verskeping en logistiek, vervoerinfrastruktuur, kommunikasie-infrastruktuur en nouer handelsbande bevorder.

Die portaal sal ’n oorsig gee van alle projekte in Afrika asook Brics-lidlande, met ’n beskrywing, ligging en voordele van elke projek. Dit sal op Suid-Afrika se Brics-sakeraad se webruimte by www.bricsbusinesscouncil.co.za gehuisves word.

Inligting op die nuwe portaal
  • Projekagtergrond en -beskrywing
  • Ligging
  • Fases
  • Koste
  • Voordele
  • Kontakbesonderhede van projekeienaar

Dit sal ook gekoppel wees aan die webruimtes van die Afrika-ontwikkelingsbank, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, die Nuwe Ontwikkelingsbank (voorheen bekend as die Brics-bank), die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling.

Nair sê die portaal sal internasionale beleggers help verstaan wat die status van die verskillende infrastruktuurprojekte is en inligting oor finansiering verskaf. Dit sal help om meer geleenthede, finansiering en samewerking moontlik te maak. Beleggers in Afrika wat belang stel in projekte in ander Brics-lande sal toegang kry tot projekinligting.

Nair meen gereelde gesprekke tussen die sakesektor en regerings wat die Brics-infrastruktuurprogram moontlik maak, bied die private sektor die kans om aanbevelings aan regerings te doen oor hoe om probleme op te los wat nouer samewerking belemmer.

    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.