Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nuwe skema vir padongelukke 20% goedkoper

Die nuwe skema om die bestaande Padongelukkefonds (POF) se eisprosedure vir motorongelukke te vervang, sal beslis goedkoper wees, maar meer mense sal gehelp kan word.

Volgens die voorgestelde nuwe stelsel sal slagoffers of hul gesinne nie meer hoef te bewys wie ’n motorongeluk veroorsaak het as deel van hul eis vir die Padongelukkefonds nie. Foto: Thinkstock

So sê Moshe Ramotshwane, waarnemende direkteur-generaal van vervoer.

Hy het Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor vervoer gesê die POF soos hy nou daar uitsien, is nie volhoubaar nie en moet hervorm word.

’n Aktuaris van True South, die statutêre aktuarisse van die POF, sê die koste van padongelukeise staan tans op 169c per liter brandstof wat verkoop word, terwyl die nuwe skema dit kan laat daal tot 136c per liter. Dit is ’n besparing van 20%.

Hoewel daar meer eise sal wees, sal die gemiddelde bedrag per eis laer wees en daar sal minder litigasie wees omdat regslui nie meer sal hoef te bewys wie se skuld ’n ongeluk was nie.

Die POF-heffing op die brandstofprys is tans R1,93 per liter.

Die wetsontwerp om die nuwe skema bekend te stel, is al in 2013 vir kommentaar gepubliseer, maar die proses het so uitgerek geraak dat die portefeuljekomitee eers onlangs ’n openbare sitting oor die gewysigde wetsontwerp gehou het.

Volgens True South is daar tans 11 eise uit 100 000 mense van die totale bevolking per jaar vir padsterftes, wat onder die nuwe skema tot byna 30 eise per 100 000 kan styg. By ongelukke waar mense vir ongeskiktheid eis, is daar tans 25 eise per 100 000 en dit kan tot 63 per 100 000 styg.

Die koste van eise vir padsterftes is tans sowat R4,4 miljard per jaar. True South verwag die koste sal in die nuwe skema dieselfde bly.

Die koste om mense te vergoed vir verlore inkomste weens motorongelukke kan egter van R12 miljard per jaar tot R9,5 miljard daal. Dit is weens die manier waarop voordele bepaal sal word.

Hoewel administrasiekoste soortgelyk kan wees as met die bestaande stelsel, sal professionele tariewe laer wees, want minder litigasie word verwag. Die nuwe skema sal vir rehabilitasievoordele betaal vir mense wat nie so ernstig beseer is dat hulle glad nie meer kan werk nie.

Meer oor:  Pof  |  Motorongelukke  |  Padongelukkefonds  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.