Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Nuwe toerusting in Kaapse hawe kan maar wind van voor kry

Vyf buidelwaens het in die Kaapse hawe aangekom om die produktiwiteit in die hawe te verbeter en die hantering van vragvolumes te verhoog.

’n Uitsig op die Kaapse hawe se houerkaai. Die rooi masjiene in die voorgrond word rubberwiel-bokkrane genoem en word gebruik om houers in die hawe rond te skuif en op te stapel. Foto: Transnet

Die buidelwaens is in die Durbanse houerkaai getoets en kan in windsnelhede van tot 90 km/h steeds werk.

Die stormsterk winde wat dikwels in Tafelbaai woed, veroorsaak gereeld vertragings in vraghantering in die Kaapse hawe.

Die aflewering van die nuwe toerusting kom ná herhaalde versoeke die afgelope maande deur uitvoerders en hawegebruikers, asook die Wes-Kaapse regering dat die verouderde toerusting vervang moet word.

buidelwaens
Een van die buidelwaens wat op die veeldoelige kaai van Kaapstad se hawe vir die karwei van vraghouers gebruik gaan word. Foto: Transnet Port Terminals

Die Kaapse hawe het onder meer weens die Covid-19-pandemie en slegte weer onder erge opeenhopings en vertragings gebuk gegaan. Dit het sommige skeepsmaatskappye genoop om by Kaapstad se hawe verby te vaar sodat hulle betyds by hawens kon wees wat hulle as belangriker ag.

Transnet Port Terminals (TPT) het egter Maandag die aankoms van vyf buidelwaens in Kaapstad se hawe aangekondig. Hierdie toerusting word só genoem omdat dit bo-oor ’n vraghouer skuif, waarna die houer vervoer word terwyl dit onderaan die struktuur hang – byna soos ’n kangaroe-ma wat haar kleintjie in haar buidelsak dra.

Die waens het ten volle gemonteer aan boord van die vragskip MSC Lilou in die hawe opgedaag en sodra dit afgelaai is, sal dit dadelik in bedryf gestel kan word, het TPT gesê.

buidelwaens
Van die buidelwaens voordat dit van die 'MSC Lilou' afgelaai is. Foto: Transnet Port Terminals

Die nuwe toerusting is betyds vir die bedrywige sitrusuitvoerseisoen.

Die buidelwaens gaan op die hawe se veeldoelige kaai benut word. Dit is sodat die veeldoelige kaai ’n komplementêre diens kan lewer vir die houereindpunt wanneer die houerkaai weens sterk wind sy bedrywighede moet afskaal, het Andiswa Dlanga, bestuurder by TPT, gesê.

Die veeldoelige kaai in die hawe het ’n sterk oplewing in die vraag na Suid-Afrikaanse vrugte in van die groot ekonomieë beleef, verduidelik Dlanga. Die kaai, wat al sedert 1947 in werking is, word gebruik as ’n toegewyde invoer- en uitvoereindpunt vir ’n verskeidenheid kommoditeite – van kunsmis tot soja, soda-as, sonneblomsaad, koring, mielies en sement tot behouerde vrag – en speel daarom ’n kritieke rol om die las op die toegewyde houereindpunt te verlig, sê Dlanga.

Meer oor:  Transnet  |  Hawe  |  Logistiek  |  Uitvoer  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.