Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Onderrig máák saak as jy werk soek

“Onderrig maak saak,” sê Statistieke Suid-Afrika (SSA) in sy kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES).

Die statistiekediens sê dit blyk duidelik dat mense wat hoërskool klaargemaak het, makliker in die formele sektor werk kry. Dié groep verteenwoordig 37,5% van alle werknemers by ondernemings.

Lees ook: 67 000 mense verloor hul werk

Mense met ’n tersiêre kwalifikasie verteenwoordig nóg 25,2% van die formele arbeidsmag.

Suid-Afrika het ’n baie jong arbeidsmag. Foto: iStock

Altesame 62,7% van die mense wat in die formele sektor werk, het dus minstens matriek.

Die formele sektor sluit die landbou, private huishoudings, informele sektor en mense wat vir hulself werk uit.

Die bykans terloopse opmerking kom te midde van chaos op Suid-Afrika se kampusse oor die aandrang op gratis hoër onderrig.

Ouderdom, geslag

Die QES toon ook dat Suid-Afrika ’n baie jong arbeidsmag het, met die grootste groep mense wat in die formele sektor werk, 32,9%, van 25-34 jaar oud en die tweede grootste groep, 31,4%, van 25-34 jaar oud.

Altesame is 72,3% van die formele arbeidsmag jonger as 45 jaar oud.

Net 8,2% van die formele arbeidsmag is 55-64 jaar oud.

Mans verteenwoordig 57% van die formele arbeidsmag.

Werksure

Gemiddeld werk mense in die formele sektor 44 uur per week. Mense in die vervoersektor werk die langste, 48 uur per week, gevolg deur mynbou, handel en finansies (almal 46 uur). Mense in gemeenskapsdienste (hoofsaaklik die staatsdiens) werk die minste ure per week, naamlik 40.

Die QES dui daarop dat Suid-Afrika in die tweede kwartaal 67 000 poste verloor het vergeleke met die eerste kwartaal en nét 30 000 poste geskep het vergeleke met die tweede kwartaal van 2015. 

Meer oor:  Werkloosheid  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Indiensneming  |  Ssa  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.