Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Onluste kos winkels tot R12 mjd. se verkope

R11,8 miljard: Dit is die verlies aan verkope in die kleinhandel wat minstens deels aan die onluste van Julie toegeskryf kan word.

Skade aan ’n Game-winkel nadat die Jabulani-inkopiesentrum in Soweto geplunder is. Foto: Tebogo Letsie

Dis met hoeveel die totale verkope in die kleinhandel (gemeet in huidige randwaarde) tussen Junie en Julie gedaal het, volgens syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag uitgereik het.

Kleinhandelverkope het in Julie vir die eerste keer in maande negatief gegroei gemeet in konstante 2015-rand, wat dui op ’n daling in die volume verkope, nie net die randwaarde daarvan nie.

Verkope was 11,2% minder as in Junie, nadat maand-tot-maand-groei twee maande agtereenvolgens positief was.

Teenoor Julie 2020 was verkope in Julie 0,8% laer – die eerste negatiewe syfer sedert Maart. Die land was in Julie 2020 op soortgelyke inperkingsvlakke as in Julie 2021, wat ’n verbod op drankverkope byna die hele maand insluit. Die daling kan dus ook deels aan die onluste toegeskryf word.

Vier uit die sewe kategorieë winkels wat SSA meet, het negatiewe jaargroei aangeteken.

Die skerpste daling in Julie 2021 teenoor Julie 2020 was in die verkope van meubels, toestelle en elektronika, wat 10,2% laer was. Dit is die tweede maand in ’n ry wat dié verkope daal.

Verkope van ysterware, glas en verf het met 6,2% gedaal, die eerste daling sedert April 2020 (weens die vlak 5-inperking).

Algemene handelaars, waar Suid-Afrikaners die meeste van hul kos en kruideniersware koop, het ook negatiewe groei van 2,6% aangeteken – die eerste negatiewe syfer sedert Maart.

Die sterkste groei was vir klere en skoene, wat 10,9% meer was as ’n jaar gelede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.