Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ons vang groot visse by Davos, sê Ramaphosa

Dis dag twee van die Davos-beraad van die Wêreld Ekonomiese Forum en pres. Cyril Ramaphosa sê hulle het klaar meer beleggings vir Suid-Afrika verseker.

Dit was die boodskap wat Ramaphosa en sy span ministers op ’n mediakonferensie oor die toestand van Suid-Afrika in Davos op Woensdag gedeel het.

Davos
Pres. Cyril Ramaphosa stap saam met sy span na ’n mediakonferensie op die tweede dag van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland.Foto: Getty Images

Ramaphosa het verwys na die groot sukses wat die beleggingsveldtog in 2018 gehad het, waar $20 miljard reeds ingesamel was as deel van die beoogde $100 miljard teiken oor vyf jaar.

“Ons is vol vertroue dat beleggings aanhou in die land in gaan vloei, en inderwaarheid gaan toeneem,” het Ramaphosa gesê.

Hy het toe ook genoem dat gebaseer op die groot sukses wat hulle behaal op dié front daar in 2019 nóg ’n beleggingskonferensie gehou sal word.

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het verduidelik ondanks trae ekonomiese groei oor die hele wêreld bestaan daar nog baie geleenthede vir beleggers. “Wêreldwyd het die waarde van buitelandse regstreekse beleggings met 19% gedaal, maar in individuele markte soos ons s’n is die geleentheid vir hoë opbrengste nog groot,” het hy gesê.

Ramaphosa het verwys na die beleggingsbank Goldman Sachs se klassifisering van Suid-Afrika as ’n ‘hot-stock’ in 2018, wat steeds geldig is.

“In Suid-Afrika het ons nou met die nuutste data op Maandag gesien dié soort beleggings het in Suid-Afrika in 2018 met 440% toegeneem van $1,3 miljard in 2017 tot $7,1 miljard,” het Ramaphosa gesê.

Oor grondonteiening sê Ramaphosa beleggers is nie paniekbevange wanneer hulle die regte storie hoor nie.

“Elke keer wanneer beleggers al ons regte benadering tot grondonteiening gehoor het, het hulle dadelik ontspan en steeds belê.

“Grondonteiening is lankal nie meer die lelike monster wat dit eers was nie. Ons benadering is een wat die land vir al sy mense gaan beter maak en steeds beleggings gaan lok,” het hy gesê.

“Twee van die beleggers wat groot belê het ná ons beleggingsveldtog laasjaar het nou op Davos vir my ingelig hulle wil eintlik hul beleggings vergroot.”

“Davos sover? Ons bring groot visse huis toe – die mandjie loop oor,” het hy die mediakonferensie afgesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.