Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Onseker hoe lank vlak 3 nog gaan duur – NDZ

Dit is onmoontlik om presies te sê wanneer die aangepaste vlak 3-inperking verby gaan wees, sê dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Die verlenging van die aangepaste vlak 3 is dus prakties gesproke onbepaald.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma

Pres. Cyril Ramaphosa het met die aankondiging van die aangepaste vlak 3-inperking op 28 Desember gesê dit geld tot 15 Januarie wanneer dit hersien sal word op grond van die stand van die pandemie.

Maandagaand het hy gesê dit is nodig om die vlak 3-maatreëls te handhaaf totdat die kruin van die vlaag van nuwe infeksies verby is en die regering seker is die koers waarteen die virus versprei, het genoeg gedaal dat dit veilig is om die regulasies te verslap.

Die enigste aanduiding van ’n datum was toe Dlamini-Zuma gesê het kragtens die Wet op Rampbestuur mag die ramptoestand net vir ’n maand op ’n slag verleng word.

Dit is nou tot 15 Februarie verleng.

“Dit beteken egter nie die syfers gaan op 15 Februarie laag wees nie. Dit gaan afhang van wat die infeksies doen, wat die stand van hospitale is, of hulle onder druk is en hoeveel mense sterf.

“Dit is nie moontlik om te sê teen dié of daardie datum gaan die regulasies weg wees nie.”

Dlamini-Zuma sê die syfers styg nou met meer as 20 000 per dag. Toe die land op vlak 1 van die inperkings was, was daar sommige dae minder as 1 000 nuwe infeksies per dag aangemeld.

Meer oor:  Dlamini-Zuma  |  Inperkings  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.