Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Ook SA moet afdankings tydens inperking staak’
Raoul en Laura Louw op hul troudag in 2015 toe hulle hul bruilof in Kaapstad gevier het.

Regeringsbesluite soos dat werknemers nie gedurende die inperkingstydperk afgedank mag word nie, kan dalk midde-in die Covid-19-pandemie ook tot die redding van ander Suid-Afrikaners kom.

So voel ’n Suid-Afrikaner wat al bykans twee dekades in Spanje woon.

Raoul Louw (41), ’n Engelsonderwyser van Johannesburg, het Sondag uit sy en Laura (38), sy Spaanse vrou, se huis in die dorpie L’Ametlla del Vallès in Katalonië gesels. Dit is hul 25ste dag van inperking weens die uitbreking en hulle het pas gehoor die inperking word met nog minstens twee weke verleng. Net die afgelope twee weke het meer as 900 000 mense al hul werk daar verloor.

Louw kan sy klasse aanlyn gee, maar van sy vriende en kennisse moes met ’n verminderde salaris tevrede wees.

“Ons regering het nou ’n wet goedgekeur wat dit onwettig maak om mense tydens die inperking af te dank.”

Ondanks die nuus van die virus uit China het Spanje, soos die res van Europa, stadig op die uitbreking gereageer. Dit was eers teen die tiende dag dat die erns van die virus ingesink het met die gevalle wat toeneem.

Hy sê hy is baie beïndruk met pres. Cyril Ramaphosa wat “so vinnig opgetree het”.

“Spanje is eers ná 120 sterftes ingeperk.”

Louw sê hy is baie dankbaar hulle woon nie meer in Barcelona nie, waar gesinne in piepklein woonstelle saam met hul kinders moet sit.

Sy raad aan Suid-Afrikaners is om tyd te maak om met vriende en familie deur middel van video-oproepe te praat.

Hy glo as die inperking in Spanje verby is, sal dinge nie sommer vinnig na normaal terugkeer nie.

“Dit sal baie geleidelik en stadig wees. Die president het benadruk dat ons ons gereed sal moet maak vir ’n lewensverandering omdat dit ’n keerpunt gaan wees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.