Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand 20c sterker ná nuus oor Mexiko
’n Dollar sou jou Dinsdagoggend R14,79 kos. Foto: Elvira Wood

Die moontlikheid dat pres. Donald Trump van die VSA ’n ooreenkoms met Mexiko kan teken, het die rand Maandag ’n welkome hupstoot gegee.

Reuters berig Trump het Vrydag in beginsel met Mexiko ooreengekom dat hy nié invoertariewe op goedere uit dié land gaan instel nie, in ruil daarvoor dat Mexiko help keer dat meer onwettige immigrante na die VSA stroom.

Trump het wel gedreig dat sou die ooreenkoms nie finaal goedgekeur word nie, die VSA teen Oktober tariewe van so hoog as 25% op Mexikaanse goedere gaan hef.

Reuters berig verder dat dié ooreenkoms beleggers weer na meer riskante beleggings laat kyk het.

Dit is goeie nuus vir geldeenhede van ontluikende ekonomieë.

Die rand het veral voordeel hieruit geput.

Waar hy vroeg Maandagoggend nog teen R14,98 verhandel het, verhandel hy 24 uur later bykans 20c sterker teen R14,79 teenoor die dollar.

Hy het ook beduidend teenoor die Britse pond en euro verstewig.

In die geval van die pond het hy weer tot onder die R19-vlak gedaal.

Die rand verhandel vroeg Dinsdagoggend teen R18,76 teenoor die pond en R16,74 teenoor die euro.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 328,40 per fynons
  • Platinum: $803 per ons
  • Olie: $62,40 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 971,04/R124 802
  • Ethereum: $245,50/R3 851

Meer oor:  Donald Trump  |  Mexiko  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.