Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Op pad na Namibië? Vergewis jou van sy inperkings

Namibië het weens die koronaviruspandemie strenger regulasies ingestel.

Op die oomblik kan reisigers slegs die land binnegaan by die grensposte by Katima Mulilo, Ariamsvlei en Noordoewer.

Die regering het besluit om die munisipale gebiede van Windhoek, Okahandja en Rehoboth vir 14 dae (van 16 Junie tot 30 Junie) in ’n staat van inperking te plaas, met toegang na en van die gebiede wat tot 30 Junie beperk word.

Slegs reise vir noodsaaklike dienste en vir werkdoeleindes sal na en van hierdie gebiede toegelaat word. Toeriste moet geldige permitte, reisdokumente soos vliegkaartjies en besprekingsdokumente en bewyse dat hulle negatief getoets is vir Covid-19 kan toon. 

Pres. Hage Geingob het verlede week aangekondig sy land het nou meer as 1 000 sterftes aangeteken. Dié land het 2,5 miljoen burgers.

Daarom is aangepaste maatreëls ingestel.

Windhoek het op die oomblik, volgens die Namibiese regering, die hoogste infeksiekoers. Meer as 52% van die infeksies kom in dié hoofstad voor.

Mense wat na Windhoek se Hosea Kutako-lughawe vlieg, moet ’n negatiewe Covid-19-toets kan toon wat nie langer as ’n week tevore gedoen is nie.

Die Walvisbaai-hawe is ook die enigste hawe waar toeriste aan wal kan gaan.

Alle reisigers van lande waar daar ’n groot uitbreking van koronavirusinfeksies is, moet ná sewe dae van hul aankoms in Namibië ’n tweede toets doen.

Indien jy nie ’n negatiewe toets kan toon nie, moet jy op eie onkoste vir sewe dae in kwarantyn bly.

Gereelde besoekers wat weer na Namibië reis binne drie dae vandat hulle die land verlaat het, mag hul eerste negatiewe Covid-19-toets weer indien sodra hulle terugkeer.

Die aandklokreël geld steeds van 22:00 tot 04:00.

Namibië se volledige maatreëls kan hier gelees word.

Meer oor:  Namibië  |  Vlugte  |  Grensposte  |  Covid-19  |  Inperkingsregulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.