Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Oppenheimers gee nog R1 miljard

Mary Oppenheimer, dogter van die oorlede mynmagnaat Harry Oppenheimer, en haar dogters gaan R1 miljard skenk aan die solidariteitsfonds wat daarop gemik is om die impak van die koronavirus-pandemie op die ekonomie te versag.

Die skenking is nie deel van dié wat Nicky Oppenheimer, haar broer, verlede week aangekondig het nie.

Mary en haar dogters skenk self die geld.

In ’n aankondiging Dinsdag het hulle gesê hulle het “lank en diep” gedink oor waar hulle die “grootste verskil” kan maak.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dat die solidariteitsfonds gestig is. Die fonds word deur die private sektor bestuur en laat individue, maatskappye en lede van die internasionale gemeenskap toe om belastingaftrekbare skenkings te maak.

Die Oppenheimers het gesê die doelstellings van die fonds stem die meeste met hul kommer oor basiese behoeftes, voedsel, medisyne, algemene sorg en mishandeling van vroue ooreen.

Die fonds het gesê dat elke poging, klein en groot, deur Suid-Afrikaners om die land deur hierdie moeilike tyd te help waardeer word.

Vroeër die week is bekend gemaak dat R100 miljoen beskikbaar gestel word as bedryfskapitaal om dringende aankope van kritieke mediese voorraad te finansier wat nodig is om gesondheidswerkers te beskerm.

Sowat die helfte daarvan sal aangewend word daarvoor om 5 miljoen chirurgiese maskers te koop. Fin24

Meer oor:  Solidariteitsfonds  |  De Beers  |  Skenking  |  Koronavirus Covid-19  |  Donasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.