Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Opstand teen belasting dreig ál meer
belasting, taks,
Vertroue in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ná ’n aanvanklike hoogtepunt in 2018 van 62% aan die taan. Foto: Unsplash

Belastingverhogings sal moontlik in vandeesweek se begrotingsrede aangekondig word en al meer platsak Suid-Afrikaners oorweeg dit om weens die wydverspreide korrupsie hul belasting te weerhou.

Citizen Surveys, ’n marknavorsingsagentskap, het Maandag sy jongste peiling onder Suid-Afrikaners uitgereik.

Die agentskap sê die begrotingsrede vanjaar op Woensdag 26 Februarie is uiters belangrik. Sy navorsing toon dat meer as die helfte van die land na 2019 se begrotingsrede gekyk, geluister of daaroor gelees het.

Maar Citizen Surveys het kommerwekkende tendense in burgers se siening oor belasting gevind.

Vertroue in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ná ’n aanvanklike hoogtepunt in 2018 van 62% aan die taan.

Volgens Citizen Surveys is dié hoogtepunt bereik vanweë pres. Cyril Ramaphosa se belofte met sy verkiesing dat hy die staatskapers sal vervolg en korrupsie se verwoestende effek op die staatskas sal hokslaan.

Met die aanvang van die Zondo-kommissie en die blootlegging van die omvang van die staatskaping het die vertroue in die SAID tot ’n laagtepunt van 54% laat daal, wat toe gedeeltelik verbeter het soos wat nog beloftes van vervolging gemaak is. “Maar aangesien geen wesenlike stappe gedoen is (met betrekking tot die vervolging van staatskapers) ná 2019 se verkiesing nie, het die vertroue in die SAID weer tot 57% gedaal,” sê die agentskap.

belasting

Opstand teen belasting

Volgens Citizen Surveys is die grootste rede waarom mense belasting wil weerhou, hul gevoel dat daar buitensporige korrupsie in die regering is.

Al hoe meer mense is ten gunste daarvan om as ’n vorm van protes hul belastinggeld te weerhou.

“Die finansiering van onnodige en verkwistende staatsbesteding, korrupsie en staatskaping is ’n sterk ontmoediging om belasting te betaal,” sê Reza Omar, strategiese navorsingsdirekteur.

“Dit help verklaar waarom ’n derde van Suid-Afrikaners ten gunste is van of glo dat daar niks verkeerd is met die weerhouding van belasting nie. Burgers wat nie die SAID vertrou nie, sal waarskynlik meer geneig wees om te dink dat dit aanvaarbaar is om nie belasting te betaal nie.”

Die peiling wys ook diegene wat dink dit is verkeerd om belasting te weerhou, is besig om af te neem.

Volgens Omar is die noodsaaklikheid van vertroue in die SAID dus duidelik. Dit sal Suid-Afrikaners aanmoedig om aan te hou om belasting te betaal indien korrupsie gestraf word, meen hy.

belasting

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.