Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Paasnaweek: Klein dorpies wemel van besoekers

Baie Suid-Afrikaners het die afgelope Paasnaweek na die Wes-Kaap gereis en veral kleiner dorpies het ’n toename in besoekers gehad.

Volgens David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het dié provinsie se toerismebedryf goed gevaar oor die langnaweek van 2 tot 5 April.

Kaapstad was oor die Paasnaweek gewild onder plaaslike toeriste. Foto: Unsplash

Dit was veral kleiner dorpe wat ’n lekker toestroming van reisigers gehad het en baie verblyfplekke in die dorpe was óf vol bespreek óf het okkupasie van tussen 70% en 80% getoon.

Hy sê veral kampplekke en selfsorgverblyf was gewilde keuses onder Suid-Afrikaners wat na die provinsie gereis het.

In ’n verklaring wat Vrydag uitgereik is, sê Maynier die bedryf het ook ’n merkbare neiging gesien van reisigers wat vir korter tydperke oorslaap, rondreis en meer plekke en dorpe in die provinsie besoek. Daar is ook ’n toename te bespeur in reisigers wat terugkeer na van hierdie plekke.

Besoekers het ook strande, boeremarkte en parke besoek. Plekke wat sportaktiwiteite soos fietsry- en staproetes bied, het ook goeie besoekersgetalle gehad.

“Daar was wel ’n opvallende toename in mense wat op die nippertjie gekanselleer het, van wie baie aangedui het dit was weens vrese dat daar voor die Paasnaweek strenger Covid-19-inperkings ingestel sou word.”

Kaapstadse Lughawe

Die jongste data van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) wys dat die Kaapstadse Lughawe se binnelandse eindpunte 61 099 passasiers oor die Paasnaweek hanteer het. Dit is ’n herstel tot 65% van die getal passasiers wat in 2019 oor Paasnaweek deur die lughawe beweeg het.

Lugverkeer het herstel tot 73% van die lugverkeer oor 2019 se Paasnaweek. Vanjaar was daar 517 plaaslike vlugte en die vlugte was gemiddeld 77% vol.

Volgens Maynier het Wesgro se promosieveldtog dat kinders van reisigers gratis kan bly, goed gevaar toe dit in Maart weer van stapel gestuur is.

Danksy dié veldtog is meer as 6 860 vlugbesprekings ter waarde van R19,1 miljoen gedoen. Die veldtog was ook verantwoordelik vir 525 besprekings vir verblyf ter waarde van ongeveer R1,7 miljoen.

Kaapstad was volgens besprekings via die veldtog die gewildste bestemming, hoewel meer as 50% van verblyfbesprekings wel vir klein dorpe in die Wes-Kaap was.

“Internasionale vlugte word steeds geraak deur wêreldwye beperkings op reis en dit sal steeds ’n beduidende impak op die toerisme- en gasvryheidsbedryf in die Wes-Kaap hê.

“Die toename in interkontinentale vlugte na Kaapstad is wel belowend. Lugdienste soos Turkish Airlines, KLM, Qatar en Lufthansa Airlines het in Maart hul roetes na Kaapstad uitgebrei.”

Vlugte van Delta Airlines gaan ook van Junie af in Kaapstad land.

Meer oor:  Dorpies  |  Toerisme  |  Wes-Kaap  |  Toerismebedryf  |  Strande  |  Kaapstad  |  Toeriste  |  Lughawens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.