Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Pandemie hou styging in skoolgeld in toom

Die druk op huishoudings het meegebring dat skole nie vanjaar hul skoolgeld skerp verhoog het nie.

Front view portrait of child with face mask back a
Skoolgelde is nie aan't styg nie. Foto: iStock

Die gemiddelde verhoging in die koste van alle opvoedkundige instellings, 4,1%, is nou die laagste in 30 jaar, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak. In 2020 was dit 6,4%.

Laerskole se skoolgeld het met gemiddeld 2,5% gestyg en hoërskole s’n met 4,3%, teenoor 7,3% en 7,6% in 2020.

Kleuterskole se tariewe het met 2,9% gestyg (2020: 6,7%).

Klasgeld by universiteite en technikons het egter gemiddeld 5,1% duurder geword (2020: 4,7%). Koshuisgeld het met 6,5% opgeskiet (2020: 5,9%).

Die SSA doen net een keer per jaar, in Maart, die opname oor opvoedkunde-inflasie.

Oor die algemeen is daar kommerwekkende tekens dat inflasie weer aan die styg is in die syfers vir Maart wat die SSA Woensdag uitgereik het.

Algehele inflasie is op 3,2% vir die 13de maand laer as die middelpunt (4,5%) van die Reserwebank se teikenband (3% tot 6%). Die verhoging van 2,9% in Februarie tot 3,2% in Maart is egter die grootste styging sedert Julie 2020.

Die Momentum-ekonome Johann van Tonder en Sanisha Packirisamy verwag dat inflasie binne die volgende maande tot bo 5% gaan styg weens die skerp styging in brandstofpryse, kragtariewe en kospryse. Die Reserwebank verwag dat dit tot 4,9% gaan styg.

Kosprysinflasie het in Maart weer tot 5,7% opgeskiet, vanaf 5,2% in Januarie.

Vleis is gemiddeld 6,7% duurder as verlede Maart (dieselfde jaarkoers as in Februarie), maar melk, kaas en eiers is gemiddeld 7,2% duurder. Olies en vette is ’n aansienlike 13,4% duurder.

Vervoerkoste het inflasie ook opgedruk weens die styging in die petrolprys in Maart. Openbare vervoer is 4,5% duurder as ’n jaar gelede en nuwe motors is nou gemiddeld 4,1% duurder as ’n jaar gelede (teenoor Februarie se 3,8%).

Kerninflasie, wat brandstof, krag en kos uitsluit, het egter tot 2,5% gedaal, van 2,6% in Februarie en 3,3% in Januarie.

Provinsiale inflasie wissel van 3,1% in Gauteng en Mpumalanga tot 3,7% in Noordwes en Limpopo. Die Wes-Kaap het vir die tweede maand in ’n ry nie die hoogste inflasiekoers in die land nie, met 3,4%.

Pensioentrekkers beleef sowat 3,1%.

Ondanks die hoër inflasiekoers verwag die PwC-ekonome Lullu Krugel en dr. Christie Viljoen nie dat die rentekoers in Mei verhoog gaan word soos die Reserwebank se voorspellingsmodel aandui nie.

Meer oor:  Kospryse  |  Inflasie  |  Skoolgeld  |  Vervoer  |  Cpi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.