Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Pandemie voer aptyt vir tweedehandse motors

Die plaaslike motorhandel is aan’t herstel, maar die verkope van sowel nuwe voertuie as brandstof sukkel nog, terwyl die verkope van tweedehandse voertuie wel vooruit boer.

’n Verkoopsman van Mercedes-Benz in Sandton, Johannesburg, wys ’n kliënt ’n gebruikte motor Foto: Getty Images

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Donderdag sy jongste verslag oor die motorhandel vir November 2020 uitgereik, een van die maandelikse peilings wat ’n goeie aanduiding van die stand van die ekonomie gee.

Verkope van nuwe voertuie het in totaal R14,06 miljard in November beloop, maar was steeds 2,4% laer as ’n jaar gelede.

Tweedehandse voertuie het egter in November ten spyte van die inperking en pandemie soos soetkoek verkoop. Dit was op R11,8 miljard 11,8% hoër in dié maand as ’n jaar tevore.

In geheel het die motorhandel met 4,3% op ’n jaargrondslag in November gekrimp.

Dit is hoofsaaklik gedryf deur powere brandstofverkope wat die grootste deel van die bedryf vir motorhandel uitmaak.

Die motorhandelsyfers bestaan uit ses dele, naamlik nuwevoertuigverkope, verkope van tweedehandse voertuie, werkwinkels se inkomste, inkomste uit die verkoop van bykomstighede, inkomste uit brandstofverkope en inkomste uit die verkope in geriefswinkels by vulstasies.

Brandstofverkope was 17% laer as ’n jaar gelede in November, soos wat Jan Alleman steeds met Jan Tuisbly se karretjie gery het.

Tussen die 17%-daling in brandstofverkope en die 2,4%-daling in die verkope van nuwe voertuie – die twee grootste dele van die motorhandel – het die motorhandel steeds gekrimp in November ten spyte van die groot styging in die verkope van tweedehandse voertuie en die 0,5%-groei in die inkomste uit die verkope van bykomstighede.

Dit lyk asof Suid-Afrikaners verkies om ouer motors te koop tydens die pandemie en eerder geld uit te gee aan bykomstighede vir dié motors as om nuwe voertuie aan te skaf.

Meer oor:  Tweedehandse Voertuie  |  Brandstof  |  Motorhandel  |  Vervaardiging  |  Uitvoer  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.