Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Paneel vra wéér uitstel vir verslag oor BTW
Suid-Afrikaners gaan nóg ’n week moet wag om te hoor wat gaan word van BTW.

Verbruikers gaan nóg ’n week moet wag om te hoor of meer produkte in hul winkeltrollie dalk van belasting op toegevoegde waarde (BTW) vrygestel gaan word.

Luidens ’n verklaring wat die tesourie Dinsdag net voor 19:00 uitgereik het, het die paneel wat aangestel is om die invloed van hoër BTW op verbruikers te ondersoek, wéér uitstel gevra.

Die paneel gaan nou glo die verslag op 6 Augustus aan Nhlanhla Nene, minister van finansies, oorhanding.

Die paneel was veronderstel om die verslag oorspronklik einde Junie uit te reik sodat die tesourie dit in belastingwetgewing in ag kon neem, maar dit is tóé uitgestel tot einde Julie.

Die paneel onder leiding van prof. Ingrid Woolard moet in sy aanvanklike verslag terugvoer lewer oor watter nuwe items van BTW vrygestel kan word.

Dit volg nadat die tesourie die BTW-koers van 14% tot 15% verhoog het. Dié styging is reeds sedert 1 April van toepassing.

Die paneel kyk benewens na kossoorte ook na die moontlikheid om ’n aantal bykomende produkte van BTW vry te stel, soos kerse, seep en sanitêre produkte.

Daar is ’n versoek dat hoendervleis van BTW vrygestel word.

Meer oor:  Nhanhla Nene  |  Btw  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.